Elvira SMN
Elvira SMN

Die ongewilde mening

Elvira Hattingh
Dink jouself in, ’n nasionale park wat so oorbewei is, dat biodiversiteit in die slag gebly het. Nóg fauna, nóg flora oorleef. Daar is net een spesie oor - ’n reuse-een.

Of kos op winkelrakke raak nog duurder, want ons moet alles invoer – ons eie boere in van die beste landbougebiede in die land het eindelik opgegee.

Want jy kan nie saam met ’n olifant boer nie. Een boer het eenkeer aan my gesê dis soos om saam met ’n leeu onder jou skape te probeer boer.

Jammer, ek weet talle gaan nie hou van wat ek nou skryf nie.

Ek lees graag mense se kommentaar in die sosiale media op berigte oor byvoorbeeld die onlangse olifantveiling. Ek weet presies hoe emosioneel voel die tannie in haar blinkgepoeste voorstedelike huis in die hoofstad oor die “nare mense wat ons olifante uitwis”.

Sy stel nie belang in die olifantopnames wat toon dat hulle heeltemal te veel geraak het nie, of hoeveel skade hulle veroorsaak nie. Sy “keyboard-warrior” voort en vreet die retoriek van buitelandse bewaringsorganisasies vir soetkoek op. Pas op, hul geldinsamelings bereik selde Namibiese bodems.

Noem my skrywe dus maar die ongewilde mening.

Verstaan my ook reg. Ek is ontsettend lief vir die natuur en ons wild. Ek staan vir bewaring – maar in balans, waar een spesie nie ten koste van al die ander voorrang geniet nie.

Dit is onregverdig dat ons regering soveel pakslae moet verduur oor die onlangse olifantveiling. Wat is die alternatief? Uitdunning? Hoe gaan die publiek dáárop reageer!?!

Vra maar vir Botswana, hulle het ook te veel olifante en het dié roete beproef.

Die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) se Gail Thompson skryf ’n uitstekende gebalanseerde stuk hieroor. Ek gee haar gelyk, die diere se welstand is belangrik en daarom ís dit ons besigheid oor waarheen hierdie opgeveilde olifante gaan.

Ideaal gesproke sou ons hulle wou hervestig in ander Afrikalande waar hulle vantevore uitgewis is. Maar dié lande is nog nie gereed om weer olifante te ontvang nie – die ruimte makeer en kwessies met stropery moet éérs opgelos word. Die opsies oor waarheen met wilde olifante, is uiters beperk, sê Thompson.

My punt is: Talle raak emosioneel oor die olifantverkopery – veral dié wie nie ’n dag se skade weens hulle moes ly nie. (Ons praat weer, tannie in die gemak van jou blink stadshuis, as ’n olifant elke oggend ’n duik in jou motor stamp, jou swembad breek of jou amarillas opvreet.)

Ekskuus, alle grappies op ’n stokkie.

Kom ons vra uit oor geraakte boere se emosies: Hoe voel hulle om hul gewasse – die kos op hul tafel – te sien wat deur die olifante platgemaai is? Hoe kyk hulle hul honger kinders in die oë?

Hoe voel die boer wie se wild en beeste heeltyd deur gebreekte (geëlektrifiseerde) plaasheinings ontsnap, net om dalk nooit weer gevind te word nie? Wie het geld om voortdurend ’n opgefrommelde dam, plaasheinings en gebreekte waterinfrastruktuur te vervang – iets wat andersins dekades lank hou?

Glo my, hulle het al álle vreedsame metodes beproef.

Onlangs skryf ek oor die olifantprobleem op plase in die noordooste. Mnr. Riaan White se plaas is altesaam 69 keer binne ’n jaar deur olifante besoek en skade van N$384 000 is aangerig.

Wie wil ses besoeke per maand deur olifante op hul eiendom hê? En dit kos elke keer herstelwerk – vergelyk jou jaarlikse salaris met White se skade binne net een jaar?!

Sou jy aanhou boer?

Was die veiling die beste oplossing? Ek weet nie. Ek weet net die situasie is onuithoudbaar. Praktiese oplossings moet gevind word en as jy nie hiervan hou nie, lê ’n beter plan ter tafel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.73 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 426.53/OZ UP +0.25% | Copper US$ 5.07/lb UP +0.28% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 050.50/OZ DOWN -0.0321 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.73 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 426.53/OZ UP +0.25% | Copper US$ 5.07/lb UP +0.28% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 1 050.50/OZ DOWN -0.0321