Grondhervorming het familie in wurggreep

Vra hulp met toegang tot water
Nadat ses volwassenes en 12 kinders die hervestigingsplaas Anstatt moes verlaat, het hulle tans geen ander keuse as om langs die C23-grondpad te oorleef nie.
Augetto Graig
Die Gainub-familie, wat bestaan uit ses volwassenes en 12 kinders, woon sedert Oukersdag langs die pad sowat 30 km van Dordabis in Leonardville se rigting.

Hulle bly in ’n klein sinkhuis wat half agter ’n boom weggesteek is, met ’n kraal vir die lammers langs die huis.

Dit is ’n kopseer om elke dag genoeg water vir hulle bokke, paar perde en donkies te verseker.

Lucia Gainus sê hulle het tot nou oorleef deur reënwater uit die poele op die grond te skep en met die hulp van vriendelike bure wat soms hul waterbronne met die familie deel, maar die situasie vererger elke dag.

“As daardie water op is, het ons ook nie drinkwater nie,” sê sy.

Vir die afgelope sewe tot agt jaar het hulle op die hervestigingsplaas Anstatt gewoon en geboer.

Volgens eerw. Lazarus Awaseb was daar ’n ooreenkoms tussen die Gainub-familie en die eienaar van die hervestigingsplaas, soos in ’n polisieverklaring aangeteken is.

Die familie sê die eienaar het gereeld die plaas verlaat.

Die prokureursbrief wat gestipuleer het dat hulle Anstatt binne 21 dae moet verlaat, het volgens die hoof van die familie, Ruben Gainub, as ’n groot skok gekom.

Die familie moes noodgedwonge die plaas verlaat weens die vrees dat die balju dalk beslag op hul karige besittings sou lê, insluitend die vee waarvan hulle leef.

“Ons soek hulp om genoeg water te kry. Die diere het nie water nie,” sê hy.

Met betrekking tot die familie se toekomstige verblyf, sê hy: “Die staat moet maar net vir ons help”.

’n Streekraadslid, Piet Adams, sê egter die Gainub-familie het nog nie vir hervestiging aansoek gedoen nie. Hy verduidelik dat Anstatt se eienaar nie toestemming gehad het om sy grond te onderverdeel nie. Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het gevolglik verlede jaar druk op hom toegepas en gedreig om die plaas af te vat as hy nie die inwoners van die grond verwyder nie.

Hy sê die ministerie het ’n vergadering met belanghebbers, insluitend die Namibiese polisie, die streekraad en die ministerie, tot verdere kennisgewing uitgestel.

Die Khomasstreek se goewerneur, Laura McLeod-Katjirua, sê sy is bewus van die familie se omstandighede en die kwessie is by verlede week se hervestigingsvergadering bespreek.

“Ons het personeel aangewys om die geaffekteerde boere te besoek, en terselfdertyd te soek na die beste modaliteite om hulle by te staan. My kantoor moet die groep bestudeer (en bepaal) of hulle uit hervestiging gesit gaan word of nie. My kantoor konsulteer steeds met die lynministerie en sodra die oplossing gevind is of nie, sal dit dienooreenkomstig aan hulle gekommunikeer word. Hervestiging is ’n ingewikkelde saak en ons moet dit ordelik en met sorg doen,” sê sy.

Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, sê die kwessie van hervestiging begin in elke streek by die streekraad.

Die streekraad lê ’n kortlys aan die grondkommissie voor en die kommissie maak voorstelle aan die minister vir goedkeuring.

“Die onsuksesvolle aansoeke word in elke streek gehou, maar ons is besig om dit in ’n stelsel vas te vang,” sê hy en noem dit as rede waarom die ministerie nie kan sê hoeveel aansoeke vir hervestiging tans reeds ontvang is nie.

Die ministerie het onlangs die suksesvolle toekenning van ’n deel van die plaas Vaalwater in die Kunenestreek en deel een van die plaas Gurus in die Hardapstreek aangekondig. Uapindikiraije Kazahe en Ben Kamaijanda Kapere is onderskeidelik op 31 Januarie as die nuwe eienaars aangewys.

Musheko noem dat die vereistes vir die begunstigdes vir hervestiging verlede jaar hersien is en die toekenning vir hervestiging in 2023 kon glo vinniger as in vorige jare gedoen word. Die ministerie vorder ook met hul poging om hawelose mense uit spesifieke dele van die land in die omliggende gebiede te hervestig, het Musheko verduidelik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.32 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.32 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.04/OZ DOWN -0.0104 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.61% | Zinc US$ 3 001.10/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +1.04% | Platinum US$ 1 000.72/OZ UP +0.76% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.32 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.32 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.04/OZ DOWN -0.0104 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.61% | Zinc US$ 3 001.10/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +1.04% | Platinum US$ 1 000.72/OZ UP +0.76%