Dicks en Kohl se werke deel van aanlyn veiling

Investec Cape Town Art Fair
Die uitstalling vorm deel van die Investec Cape Town Art Fair en het 'n aanlyn veiling wat op straussart.co.za besigtig kan word.
Iréne-Mari van der Walt
Die werke van Trudi Dicks en Helga Kohl sal deel vorm van ’n kunsversameling wat deur Strauss & Co aanlyn uitgestal en opgeveil sal word. Die uitstalling, CURATORIAL VOICES African Landscapes Past and Present, sal op 19 Februarie sluit en kan besigtig word by www.straussart.co.za/auctions. Die uitstalling vorm deel van die Investec Cape Town Art Fair en word 19 Februarie gevolg deur 'n aanlyn veiling vanaf 19:00 by straussart.co.za.

Trudi Dicks is reeds jare lank gewild onder versamelaars vir haar onkonvensionele en unieke styl en haar kuns word wêreldwyd uitgestal. Die kunswerk van Dicks wat opgeveil word, is ’n Hawarthia Lolly, ’n plant wat in Suider- Afrika gevind word. Dit wys dié kunstenaar se ervaring met linosneë.

Dicks se werk bestaan hoofsaaklik uit lino- en houtsnee en metaaletse. Sy het haar eie metodes vir haar werk met linoleum, hout en kollografie (collography) ontwikkel. Haar eerste uitstalling het bestaan uit massiewe swart-en-wit linoleumaafdrukke met politieke temas, asook die dinamika van verhoudings tussen mans en vroue.

Sy sou later werke van klei, hout, plastiek en klip asook naaldwerk tot haar metodes byvoeg. Volgens haar webtuiste kan die intensiteit van Dicks se werke toegeskryf word aan haar gehoorgestremdheid wat haar tot ’n meer intieme waarneming van die visuele ruimte gelei het. Sy onderteken haar werke as 'GSM Dicks' - wat ’n afkorting van haar volle naam, Gertruida Sophia Maria Dicks, is.

Helga Kohl se werke by die kunsveiling bestaan uit vier werke uit haar fotoreeks van Kolmanskop. Sentraal tot haar kreatiwiteit is temas van die deurdringendheid van die natuur en die swakheid van die mens.

In 2022 het Luze Lebhart en Marie Robert haar werk geloof in hul boek 'A World History of Women Photographers'. Haar werk word onder meer in die nasionale museum van Mali asook die Smithsonian Museum van Afrikakuns in die VSA uitgestal.

Kohl is in Pole gebore en het in 1970 na Namibië verhuis. Hiér is sy sedert 1975 ’n vryskutfotograaf. Haar werke is hoofsaaklik om verlate myndorpe soos Kolmanskop gesentreer. Sy het in 1989 by die Professionele Fotograwe in Suider-Afrika (PPSA) aangesluit en het in 1993 hul presidentstoekenning ontvang. In 1998 het sy ’n beurs vir fynkunsfotografie ontvang en het gedurende die 1990's solo-uitstallings in Windhoek, Swakopmund en Kaapstad gehou. Sy het ook deelgeneem aan groepuitstallings in Windhoek en Johannesburg asook verskeie Standard Bank Namibië Biennales, waar sy vir die eerste keer in 2001 ’n prys gewen het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City #N/A Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% #N/A