SLOW: The ministry aims to improve the pace at which exclusive prospecting licences are issued. PHOTO: MINISTRY OF MINES AND ENERGY
SLOW: The ministry aims to improve the pace at which exclusive prospecting licences are issued. PHOTO: MINISTRY OF MINES AND ENERGY

Regering beoog ondersoek na prospekteringslisensies

Toekenning van mynlisensies neem tot twee jaar
Die ministerie van myne en energie het 'n tender uitgereik vir potensiële bieërs om die toekenning van EPL'e te help vergemaklik.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Die ministerie van myne en energie wil ’n ondersoek van stapel stuur na alle aansoeke vir eksklusiewe prospekteringslisensies (EPL’e) wat tussen September 2021 en September 2022 ingedien is.

Dié stap word beskou as ’n pasaangeër vir regulatoriese veranderinge wat oorweeg word om die regime vir die toewysing van openbare hulpbronne te hersien.

Dit het Dinsdag aan die lig gekom toe die ministerie ’n tender uitgereik het vir potensiële konsultante om die toekenning van EPL’e te help vergemaklik deur beleide te ontwerp wat die toekenningsproses sal bespoedig.

Dit volg op bekommernisse dat die proses om lisensies aan voornemende mynmaatskappye uit te reik in die verlede teen ‘n slakkepas beweeg het.

Dit is onduidelik waarom die ministerie spesifiek die bogenoemde tydperk wil hersien nie.

Die proses kan tans tot twee jaar duur, maar die ministerie wil dit tot ses maande verminder.

TYDIGE HERSIENING

Mnr. Shawe Nyambe, ’n mynboukonsultant, het die voorgestelde hersienings verwelkom.

“Ek wil graag die minister van myne en sy span loof vir hierdie inisiatief waarmee hulle vorendag gekom het. Dit moet nie net prosesse wees om die toekenning van EPL’e te bespoedig nie, maar sulke prosesse moet ook op vaste fondamente van deursigtigheid en aanspreeklikheid gebou word,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg om te verseker dat die mynbedryf op ’n oop, doeltreffende en verantwoordbare manier bestuur word, moet die regering ’n robuuste aanlyn administratiewe stelsel vir die hantering van aansoeke implementeer, asook ’n toeganklike en bygewerkte register van lisensie-inligting. Dié inligting moet onder meer die besonderhede van die lisensiehouer, die lisensiegebied, die aansoekdatum, die toekenningsdatum en die tydperk wat die lisensie geldig sal wees, moet insluit.

“Ek wil graag beklemtoon dat korrupsievrye mynbou begin met ’n deursigtige en verantwoordbare proses vir die verkryging van mynpermitte; daarom is dit noodsaaklik dat die prosesse wat ontwikkel word hierdie grondbeginsels bevat.”

Hy het versoek dat dieselfde benadering vir petroleumeksplorasielisensies onderneem word.

EKONOMIESE GELEENTHEDE

Die afgelope tyd was daar ’n toename in EPL-aansoeke.

Tussen September 2021 en September 2022 het die ministerie meer as 400 aansoeke ontvang.

Namibiërs het ook EPL’e geïdentifiseer as ’n geleentheid om vinnig uit armoede te ontsnap.

In die meeste gevalle verkry spekulante EPL’e uitsluitlik om dit in die internasionale mark te verkoop.

Die regering het by verskeie geleenthede hierdie neiging veroordeel en ’n beroep op plaaslike inwoners gedoen om minerale hulpbronne te gebruik om nywerheidsgeleenthede te skep.

“Die ministerie het in die verlede talle klagtes ontvang oor die lang tyd wat dit neem om mineraallisensie-aansoeke te verwerk. Dit was nie ongewoon vir die ministerie om tot twee jaar te neem om op ’n aansoek te reageer nie. Gevolglik het die ministerie in 2019 vir ’n tydelike tydperk van 12 maande nie nuwe mineraallisensie-aansoeke aanvaar nie,” het die ministerie gesê.

Dié ondersoek sal uitgevoer word op EPL’e wat wel gefinaliseer is, het hy bygevoeg.

VEREISTES UITEENGESIT

As deel van die konsultant se verantwoordelikhede sal die raadgewende entiteit die mineraallisensiëringsprosesse hersien om verbeterings aan sakeprosesse aan te beveel wat die doeltreffendheid waarmee aansoeke geëvalueer word, sal verhoog.

Daar sal van die konsultant verwag word om die beste praktyke oraloor die wêreld te identifiseer en te ondersoek hoe Namibië dit moet oorweeg om daardie praktyke in sy prosesse te implementeer, het die ministerie gesê.

“Die ministerie is veral geïnteresseerd in die implementering van aanlyn aansoeke en die doeltreffende benutting van inligting- en kommunikasietegnologie-instrumente in die proses, en wil ondersoek hoe menslike betrokkenheid in die prosesse geminimaliseer kan word en hoe die outomatisering van die proses deursigtigheid en terugvoer oor die status van elke aansoek kan verbeter,” word in die tenderdokument uiteengesit.

ANDER VEREISTES

Daar sal ook van die konsultant verwag word om spesifiek risiko’s te identifiseer en tekortkominge in die prosesse te beheer; die doeltreffendheid van die evalueringskomitee te ondersoek en moontlike verbeterings aan die komitee voor te stel, insluitend die vermoë van die minister om eksterne individue in die komitee aan te stel.

Die konsultant moet ook die beste praktyke oorweeg soos die implementering van ’n gedragskode en die pligte en verantwoordelikhede van die komitee.

Daar sal ook van die konsultant verwag word om verder as net mineraallisensies te assesseer, het die ministerie gesê.

Die konsultant sal die moontlikheid evalueer om die aanbevelings vir die assesserings van alle EPL’e in Namibië te implementeer buiten net die mineraallisensies, veral met inagneming van die regulatoriese en beleidsomgewing.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%