Namibiese olie bring transformasie, sê Ramaphosa
‘Dieper integrasie’ nodig
Die buurland se president het gevra vir sterker bilaterale en ekonomiese bande tussen Namibië en Suid-Afrika, wat geleenthede vir die burgers van beide lande sal ontsluit.
Ogone Tlhage - Namibië se onlangse olie- en gasontdekkings het die potensiaal om transformasie na Suider-Afrika te bring en by te dra tot ekonomiese welvaart in die streek. Dit volgens die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa.
Hy het dié opmerkings gemaak by die derde binasionale kommissie, wat verlede Vrydag in Windhoek ten einde geloop het.
“Ons verwelkom jou uitnodiging om deel te neem aan die energiesektor, insluitend die olie, gas en groen waterstof. Ons is vol vertroue dat Namibië se onlangse koolwaterstofontdekkings sal bydra tot werkskepping, industrialisasie sowel as energiesekerheid – nie net vir Namibië nie, maar vir ons streek,” het hy gesê.
Ramaphosa het gevra vir dieper bilaterale en ekonomiese bande tussen Namibië en Suid-Afrika, wat geleenthede vir die burgers van beide lande sal ontsluit.
“Die verdieping van belegging en handel tussen Namibië en Suid-Afrika is ’n prioriteit. Ons moet die stigting van die voorgestelde sakeraad tussen Suid-Afrika en Namibië bespoedig, want daar is aansienlike beleggingsgeleenthede vir albei lande.”
INTEGRASIE
President Hage Geingob het op sy beurt die behoefte aan dieper integrasie tussen lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) beklemtoon.
“Dieper integrasie van die ekonomieë van SADC-lande sal ons almal op verskeie maniere bevoordeel en sal ons onderskeie plaaslike markte bystaan. Ons bilaterale doelwitte moet dus ter ondersteuning van streekontwikkeling wees,” het hy gesê.
“In hierdie opsig moet instrumente soos die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA) ten volle benut word om handel en beleggingsamewerking tussen Namibië en Suid-Afrika, sowel as ons streek- en vastelandvennote, te ondersteun.”
Dit is ook noodsaaklik vir Afrika-state om doel voor oë te hou in verband met pogings om te integreer, het Geingob beklemtoon.
“Ons moet ons pogings verdubbel om kontinentale integrasie te verseker en verbind bly tot die implementering van die ontwikkelingsaspirasies van die Afrika-unie (AU) se Agenda 2063 en die Verenigde Nasies (VN) se Agenda 2030.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie