Namibiese joernaliste en mediapraktisyns het in 2020 die strate ingevaar om die aandag op misdaad teen die pers te vestig. Hier lei die veteraanjoernalis Gwen Lister 'n optog om te vra vir gevolge vir die mishandeling van mediawerkers met die boodskap 'Beskerm joernaliste, beskerm die waarheid'. Foto argief
Namibiese joernaliste en mediapraktisyns het in 2020 die strate ingevaar om die aandag op misdaad teen die pers te vestig. Hier lei die veteraanjoernalis Gwen Lister 'n optog om te vra vir gevolge vir die mishandeling van mediawerkers met die boodskap 'Beskerm joernaliste, beskerm die waarheid'. Foto argief

Namibië (weer) die vryste pers in Afrika

Augetto Graig,Jemima Beukes
Namibië beklee weer eens die eerste plek op Afrika se persvryheidsranglys en is die twee-en-twintigste uit 180 lande op die Wêreldpersvryheidsindeks - beter as eerstewêreldlande soos die Verenigde Koninkryk (VK), Frankryk en België. Suid-Afrika val net onder Namibië, gevolg deur Seychelle, wat in 2022 as die land met die vryste pers in Afrika aangewys is.

Dié nuus is Woensdagoggend, op Wêreldpersvryheidsdag, deur die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (ICT) bekend gemaak. Die Namibiese presidentskantoor het later in ’n mediavrystelling gesê die media is integraal tot demokrasie en speel ’n belangrike rol om die publiek ingelig te hou en regeringsinstansies aanspreeklik te hou. Verder is die pers ’n belangrike pilaar van doeltreffende regeringsbestuur, volgens die presidentskantoor.

“President [Hage] Geingob sal persvryheid waarborg solank hy die president van hierdie land is. Dit bewys dat Namibië se sterk persvryheid 'n funksie is van president Geingob en die regering wat hy lei se verbintenis daartoe om die waardes van die Namibiese Grondwet te handhaaf,” lui die mediaverklaring.

Die Wêreldpersvryheidsindeks evalueer die omstandighede waarin joernaliste in die 180 betrokke lande werk en word jaarliks op Wêreldpersvryheidsdag op 3 Mei gepubliseer. Vanjaar is bevind dat die situasie “baie ernstig” is in 31 lande, “moeilik” in 42 lande, “problematies” in 55 lande, en “goed” of “voldoende” in 52 lande. “Met ander woorde, die omstandighede vir joernaliste is ‘sleg’ in sewe uit tien lande en ‘voldoende’ in net drie uit tien,” lui die verklaring wat saam met die indeks uitgereik is.

Die Namibiese veteraanjoernalis Gwen Lister het haar vreugde oor Namibië se topposisie in Afrika uitgespreek, maar waarsku: “Persvryheid is ’n voortdurende stryd waarin oorwinning nooit ten volle behaal word nie en daar is talle uitdagings - hier en veral verder weg.”

Intussen het die vakbond vir Namibiese professionele media (Nampu) gesê mediapraktisyns in Namibië staar steeds beduidende uitdagings in hul daaglikse werk in die gesig.

“Die mediabedryf in Namibië word gekenmerk deur ongunstige werksomstandighede, insluitend lae vergoeding, gebrek aan werksekuriteit, en beperkte toegang tot opleiding en professionele ontwikkelingsgeleenthede,” sê Nampu se sekretaris-generaal, Sakeus Iikela. Volgens hom sloer die arbeidskommissaris met die registrasie van die vakbond wat in 2020 op die been gebring is. Hy vra ook vir die spoedige toepassing van Namibië se nuwe wetgewing op toegang tot inligting en sê Nampu staan saam met joernaliste op die vasteland en wêreldwyd wat aanhou werk onder bedreigende omstandighede en “hul lewens in gevaar stel om oor die waarheid verslag te doen”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%