Herstelwerk aan spoorlyn vorder

Mutorwa besoek projek persoonlik
D&M Rail moet nog net 20 kilometer tussen Tsumeb en Kransberg voltooi.
Augetto Graig
Herstelwerk aan sowat 390 kilometer van die 410 kilometer lange spoorlyn vanaf Tsumeb na Kranzberg is tot dusver voltooi nadat dit oor die laaste tien jaar teen ’n koste van meer as N$1 miljard deur D&M Rail opgegradeer is.

Mnr. John Mutorwa was Vrydag die eerste minister van werke en vervoer in meer as tien jaar wat persoonlik by die projek in die gebied buite Omaruru besoek afgelê het. Tydens dié besoek het hy ook ’n deel van die spoorlyn in ’n gemotoriseerde spoorwa gery.

Tydens die geleentheid het die minister, TransNamib se uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, asook D&M Rail se oorspronklike en nuwe projekbestuurder, onderskeidelik mnre. Leon Steyn en Wilbard Nashima, die plaaslike media toegespreek.

Volgens Smith is 61 km van die spoorlyn opgegradeer tot 48 kg-staal, volgens die standaard van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).

Nog sowat 320 km is met 30 kg-staal opgeknap, wat die herstel van sowat 1 012 stukkende spoorstawe behels het. Om die hele roete tot SADC-standaard op te gradeer, sal sowat N$2 miljard kos.

Volgens Steyn is ’n nuwe tegniek gebruik om die gapings tussen spoorstawe te verwyder deur die spore aanmekaar te sweis. “Die spoorverbindings is waar die probleme inkom,” het hy gesê en bygevoeg dié nuwe tegniek maak voorsiening vir spoed van tot 120 km per uur.

Dit sorg vir ’n “gladder” en veiliger rit vir treine op die spoor, het hy verduidelik.

STAWWE ARBEID

Volgens Nashima was meer as 500 werknemers oor die jare betrokke by die projek – heelwat van hulle inwoners van die dorpe waardeur die spoorlyn loop.

Die werk is onder meer aan die 392 km tussen Kranzberg en Tsumeb en behels ook herstelwerk aan spoorlyne by betrokke stasies en spoorsylyne. Dis ’n reusetaak om per kilometer 1 440 dwarslêers, wat elk 220 kg weeg, te verwyder en te vervang, sê Steyn.

Daagliks word klipmateriaal wat oor tussen 500 en 600 meter strek, verwyder voor herstelwerk aan die wal gedoen kan word, sodat staaldwarslêers met beton vervang kan word en die nuwe spoor gelê kan word.

Nashima sê dit dien as bewys van die waarde van D&M Rail se werk en werksgeleenthede wat die maatskappy langs die pad voorsien.

Volgens Mutorwa was Namibië traag om aandag te gee aan die land se spoornetwerk, wat volgens Smith oor 2 678 km strek.

BESIGSTE ROETES

Volgens Smith sou dit sowat N$15 miljard kos om die hele netwerk tot SADC-standaard op te gradeer. Hy sê TransNamib gebruik deesdae meestal die roetes tussen Walvisbaai se hawe en Tsumeb, wat meer as die helfte van die totale vrag dra.

Die roete vanaf Suid-Afrika na Lüderitz, wat gebruik word vir die uitvoer van mangaan, is ook baie besig, met die roete vanaf Walvisbaai na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako by Windhoek wat ook bedrywig is, veral vir die invoer van vliegtuigbrandstof.

Mutorwa sê Namibië werk daaraan om die land per spoor met Zambië te verbind. ’n Uitvoerbaarheidstudie hiervoor is reeds voltooi. Die uitvoerbaarheid daarvan om die spoor van 100 km tussen Botswana en Gobabis te verleng, word ook ondersoek, sê Smith.

“Ons is verbind met Suid-Afrika,” het Smith gesê en bygevoeg dat ’n luukse passasierstrein uit die buurland Namibië reeds besoek.

“Tydens Covid-19 moes ons ons eie passasiersdiens staak, maar ons beoog om in die komende vakansietyd weer die passasiersroetes vanaf Walvisbaai en na die Suide te begin,” het hy gesê.

TransNamib se langtermynplan is om binne drie tot vyf jaar sy groter strategie rakende passasiers toe te pas, sê Smith, afhangend van die staatsonderneming se sukses daarmee om sy vragkapasiteit te vergroot.

TransNamib het ’n doelwit om grootmaat spoorvervoer ’n alternatief vir grootmaat padvervoer te maak.

Volgens Steyn behoort die herstelwerk wat reeds gedoen is tussen 50 en 100 jaar te hou, afhangend van die verkeer, die vrag en die instandhouding van die spoorlyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 12° | 29° Rundu: 5° | 27° Eenhana: 4° | 25° Oshakati: 5° | 23° Ruacana: 7° | 26° Tsumeb: 6° | 23° Otjiwarongo: 0° | 21° Omaruru: 1° | 19° Windhoek: - 1° | 17° Gobabis: - 1° | 15° Henties Bay: 10° | 17° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:48, High tide: 14:10, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:46, High tide: 14:08, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:46, High tide: 14:07, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: - 1° | 15° Mariental: 2° | 15° Keetmanshoop: 4° | 14° Aranos: 1° | 15° Lüderitz: 11° | 16° Ariamsvlei: 5° | 14° Oranjemund: 9° | 16° Luanda: 21° | 24° Gaborone: 8° | 18° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 17° Maseru: 2° | 12° Antananarivo: 12° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 27° Windhoek: - 1° | 17° Cape Town: 12° | 13° Durban: 16° | 26° Johannesburg: 8° | 15° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 17° | 32° Harare: 15° | 27° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.22 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1484 | USD to ZAR 18.75 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76704.26 Down -0.59% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1682.51 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13310.4 Down -0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.20/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.60/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 001.50/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 81.66/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 1 036.72/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 12° | 29° Rundu: 5° | 27° Eenhana: 4° | 25° Oshakati: 5° | 23° Ruacana: 7° | 26° Tsumeb: 6° | 23° Otjiwarongo: 0° | 21° Omaruru: 1° | 19° Windhoek: - 1° | 17° Gobabis: - 1° | 15° Henties Bay: 10° | 17° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:48, High tide: 14:10, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:46, High tide: 14:08, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:46, High tide: 14:07, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: - 1° | 15° Mariental: 2° | 15° Keetmanshoop: 4° | 14° Aranos: 1° | 15° Lüderitz: 11° | 16° Ariamsvlei: 5° | 14° Oranjemund: 9° | 16° Luanda: 21° | 24° Gaborone: 8° | 18° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 17° Maseru: 2° | 12° Antananarivo: 12° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 27° Windhoek: - 1° | 17° Cape Town: 12° | 13° Durban: 16° | 26° Johannesburg: 8° | 15° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 17° | 32° Harare: 15° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 852.22 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.22 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1484 | USD to ZAR 18.75 | USD to ZMW 25.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76704.26 Down -0.59% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1682.51 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13310.4 Down -0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26922.76 Down -0.62% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.20/OZ DOWN -0.0072 | Copper US$ 4.60/lb DOWN -0.0057 | Zinc US$ 3 001.50/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 81.66/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 1 036.72/OZ UP +0.93%