Paroolganger tuis vir Kersfees
Hof beveel vrylating uit tronk
'n Vrou wat die afgelope jaar in-en-uit Windhoek Sentrale Gevangenis was, sal ingevolge 'n hofbevel vrygelaat word.
’n Vrou wie se parool vroeër vanjaar kortgeknip is, sal Kersfees tuis saam haar geliefdes kan deurbring, nadat die hoërhof gister haar vrylating van die Windhoek Sentrale Gevangenis beveel het.
Hileni Kavara is in Februarie vanjaar vrygelaat op parool nadat sy 15 maande gevangenisstraf uitgedien het vir dwarsboming van die gereg en korrupsie vir die gebruik van valse dokumente. Sy is egter op 5 April weer in hegtenis geneem nadat iemand ’n klag van aanranding deur dreigemente teen haar aanhangig gemaak het.
Op 13 April het die landdroshof in Windhoek Kavara se borgtogaansoek toegestaan in die aanrandingklag en is sy weer uit aanhouding vrygelaat net om weer op 25 April weer in hegtenis geneem te word omdat sy glo haar paroolvoorwaardes oortree het.
Regter Thomas Masuku het gister ’n hofbevel uitgereik wat die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) verplig om Kavara vry te laat en haar regskoste te betaal vir die dringende aansoek wat sy by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak het.
UITVAL LEI TOT AANRANDINGKLAG
Nadat Kavara in Februarie op parool vrygelaat is, het sy 'n uitval gehad met 'n amptenaar by die kantoor van die meester van die hoërhof se departement vir die voogdyfonds. Dit nadat sy navraag gedoen het oor die geld van haar drie minderjarige kinders wat hulle as erfporsie van hul ouma ontvang het.
Kavara het volgens haar verklaring wat by die hof ingedien is, besef dat die persoon haar ken en sy het versoek om deur iemand anders gehelp te word. Die betrokke amptenaar se man het Kavara daarna glo gebel en haar beledig. Hy het volgens Kavara se verklaring haar gedreig deur te sê: “Jy sal sien wat ek gaan doen”.
Kavara is die dag daarna in kennis gestel van die klag wat teen haar aanhangig gemaak is en is later in hegtenis geneem.
PAROOLVOORWAARDES ‘OORTREE’
Nadat Kavara egter daarna weer op borgtog van N$1 000 vrygelaat is, is sy weer in hegtenis geneem op grond van die bewering dat sy haar paroolvoorwaardes oortree het. Sy is ook in kennis gestel dat sy nou die res van haar vonnis sal moet uitdien.
“Sy [Kavara] is weer in hegtenis geneem weens die risiko wat sy vir openbare veiligheid inhou. Dit nadat sy die algemene voorwaardes vir vrylating op parool oortree het deur wanordelike gedrag te openbaar,” het die kommissaris-generaal van die NSC, Raphael Hamunyela, volgens Kavara se verklaring, in Mei in ’n brief gesê.
Kavara het in die hofsaak - wat sy teen onder andere Hamunyela en die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, aanhangig gemaak het – aangevoer dat die redes vir die terugtrekking van haar parool vaag en onvoldoende was. Sy het verder aangevoer die besluit is onbillik en onredelik.
“Die respondente se optrede skend my reg om onskuldig geag te word kragtens artikel 12 van die grondwet en maak ernstig inbreuk op my fundamentele reg om nie arbitrêr aangehou te word nie,” lui haar verklaring.
ONSKULDIG
Die verhoor met betrekking tot die beweerde aanranding deur dreigemente het op 6 Desember in die landdroshof op Windhoek begin en Kavara het onskuldig gepleit.
Die verhoor is afgehandel en die uitspraak is op 13 Desember gelewer.
Die hof het beslis dat daar nie genoegsame bewyse is om Kavara van die beweerde oortreding skuldig te bevind nie en sy is gevolglik kwytgeskeld.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie