Namib Mills kry interdik teen Amushelelo

Bevel geldig tot 3 Mei
Die hof het gisteroggend Namib Mills se dringende aansoek aangehoor en hulle aansoek vir 'n tussentydse interdik toegestaan.
Kristien Kruger
Die hoërhof in Windhoek het gister ’n tussentydse interdik aan Namib Mills toegestaan teen die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF)-aktivis Michael Amushelelo wat hom verbied om binne 70 meter van enige van sy persele te kom.

Dit volg nadat Amushelelo verlede maand verskeie dreigemente op sy Facebook-profiel gemaak het teen die maatskappy op grond van dissiplinêre prosedures wat teen 13 van sy werknemers gebring is, waarvan agt huis toe gestuur is.

“Maatskappye soos Namib Milles moet ’n les geleer word. Ek wil ’n waarskuwing aan Namib Mills stuur dat sou hulle hierdie werknemers afdank, hulle voorbereid moet wees op ernstige gevolge. Hulle moet voorbereid wees op totale ontwrigting van al sy sake-aktiwiteite,” het Amushelelo in Maart gesê.

In ’n ander plasing het Amushelelo ook na bewering die maatskappy indirek van rassisme beskuldig en geïmpliseer dat hulle hul werknemers onmenslik behandel.

“Hierdie maatskappy moet op sy hoede wees wees, want ek gaan hulle beslis toemaak."

Buiten vir sy plasing op Facebook, het Amushelelo ook, volgens Namib Mills se hofstukke, verskeie kere na sy perseel gekom en die ingang versper sodat die maatskappy se trokke nie kon in of uit nie.

Op 11 Maart het Amushelelo sy voertuig voor die ingang van een van Namib Mills se persele parkeer en nadat Namib Mills die polisie betrek het, het Amushelelo sy voertuig verwyder, maar daarna het hy en sommige van sy ondersteuners, asook werknemers van Namib Mills voor die ingang gestaan en dit weer eens versper.

Die polisie het egter ‘n paar uur later daarin geslaag om die groep te verwyder.

HOFVERRIGTINGE

Partye het gister voor regter Hannelie Prinsloo verskyn waartydens die interdik toegestaan is, wat geldig is tot 3 Mei.

Ingevolge die hofbevel mag Amushelelo en die werkers betrokke by die aangeleentheid nie die ingange na Namib Mills se perseel versper nie, mag nie dreig om die maatskappy se bedrywighede te staak nie en mag ook nie dreigemente teen die maatskappy maak nie.

Die hof het verder die Namibiese polisie beveel om enige nodige maatreëls te tref om te verseker dat die hofbevel uitgevoer word.

VERSOEK OM TERUG TE TREK

Voordat Namib Mills die hof met ’n dringende aansoek teen Amushelelo, asook die nasionale vakbond vir kleinhandelbedryfwerkers van Namibië, die NEFF en verskeie ander individue aanhangig gemaak het, het dit glo vir Amushelelo versoek om sy uitlatings terug te trek en om om verskoning te vra.

Volgens Namib Mills se nywerheidsverhoudingspesialis, Carina Zerbe, het die maatskappy ’n brief van sy prokureurs aan Amushelelo gestuur, maar in plaas daarvan om aan hulle eise te voldoen, het Amushelelo weer eens in ’n Facebook-plasing gesê dat hy weier om enige iets terug te trek.

DISSIPLINÊRE STAPPE

Volgens die verklaring wat Zerbe by die hof ingedien het, is daar dissiplinêre stappe geneem teen 13 van Namib Mills se werknemers op aanklagte van beweerde diefstal en ander is aangekla aangesien hulle glo kennis gedra het van die wangedrag, maar versuim het om dit aan te meld.

In Amushelelo se plasing beweer hy dat die voorsitter van die dissiplinêre komitee nie onpartydig is nie, maar eerder deur Namib Mills betaal word en die maatskappy se instruksies uitvoer.

Hy beskuldig verder ’n individu van African Personnel Service (APS) dat hy besig is om van al die permanente werkers ontslae te raak sodat hulle vervang kan word met APS-werkers.

Zerbe voer aan dat Namib Mills nie aan Amushelelo se eise kan voldoen nie.

“Om die applikant [Namib Mills] te dwing om te voldoen aan die onregmatige eise om nie enige van sy werknemers te ontslaan in omstandighede waar ontslag geregverdig kan word nie, sou bloot ’n onaanpasbare situasie vir die applikant skep.

“Die applikant se werknemers kan in daardie omstandighede dink dat hulle enige vorm van wangedrag kan pleeg en op die respondente staatmaak om onregmatige dreigemente teen die applikant te maak,” lui haar verklaring. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%