Hatuikulipi se 'hande nie skoon’

Fishrot-beskuldigde moet al sy belange bekendmaak
Die aanklaer-generaal beweer James Hatuikulipi het nie al die inligting oor sy finansies bekend gemaak nie.
Kristien Kruger
“Die applikant [James Hatuikulipi] volhard in sy versuim om aan hierdie hof bekend te maak waar die fondse ten bedrae van USD 4 121 883 (N$61,8 miljoen) is wat in 'n bankrekening in Dubai inbetaal is."

Dit het die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, in 'n verklaring gesê in die hofaansoek waarin die Fishrot-beskuldigde, James Hatuikulipi, die hof versoek om byna N$6 miljoen van sy gevriesde bates aan hom beskikbaar te maak om sy regskoste te betaal.

In haar verklaring beweer Imalwa dat Hatuikulipi geen poging aangewend het om sy geraamde koste van N$5,75 miljoen vir toekomstige regkoste te verduidelik nie.

“Die hof is gevolglik in geen posisie om te bepaal of hierdie bedrag redelik is nie."

Hatuikulipi het in sy verklaring daarop gedui dat sy senior advokate sowat N$55 000 per dag beloop en sy ander prokureurs N$50 000 per dag. Dit is uitgesluit die beweerde reiskostes en betaling van spesialisdienste.

Hatuikulipi het verder die hof versoek om, indien sy aansoek toegestaan word, op 'n latere stadium toegelaat te word om weer die hof te nader vir fondse.

“Op hierdie stadium is dit moeilik om te voorspel hoe lank die [Fishrot] verhoor sal duur. Ek is bekommerd dat die bedrag wat beskikbaar gestel sal word, nie die volle tydperk van die verhoor sal dek nie.

“Ten einde voorsiening te maak vir die moontlikheid dat die fondse voor die afhandeling van die verhoor opraak, soek ek ook 'n bevel dat ek weer die hof kan nader vir verdere fondse om vir regskoste beskikbaar gestel te word.”

Partye het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn waartydens die saak tot 13 Mei uitgestel is.

FONDSE

Hatuikulipi het in hofstukke bekendgemaak dat hy sowat N$1,2 miljoen in Namibiese bankrekeninge het wat in sy naam en onderhewig is aan die beperkingsbevel.

Die Cambadara Trust waarvan Hatuikulipi 'n trustee is se twee bankrekeninge het glo 'n positiewe saldo van sowat N$4,7 miljoen.

Hy beweer dat 'n bedrag van N$5,7 miljoen onmiddellik beskikbaar gestel kan word indien die hof sy aansoek toestaan.

‘HANDE NIE SKOON’

Imalwa beweer dat Hatuikulipi al sy belange bekend moet maak en volledige verklarings van sy bates en laste by die hof moet indien.

Die hof moet glo tevrede wees dat die aansoeker nie in staat is om die regskoste te betaal nie.

"Die applikant [Hatuikulipi] het nie naby gekom om die soort openbaarmaking te maak wat 'n voorwaarde is van 'n bevel vir die betaling van regskostes om uitgereik te word nie.

“Hy het nie die hof met skoon hande genader nie,” beweer Imalwa.

Sy beweer hy het nie bekend gemaak dat hy in sy persoonlike hoedanigheid sowat N$19,4 miljoen belastingaanspreeklikheid vir die tydperk van 2014 tot 2019 het nie.

Die Cambadara Trust het ook 'n belastingaanspreeklikheid vir dieselfde tydperk wat glo sowat N$33,6 miljoen beloop.

"Die applikant het ook versuim om die hof in sy vertroue te neem oor hoe hy tot op hede vir sy regskoste kon betaal. Trouens, hy kon 'n senior advokaat van Suid-Afrika in diens neem om hom te verteenwoordig in beide die hoofaansoek en die grondwetlike saak wat hy ingestel het,” het Imalwa in haar verklaring gesê.

Imalwa voer verder aan dat Hatuikulipi ook nie ander uitgawes soos munisipale tariewe, belasting, heffings, verbandterugbetalings of lisensiehernuwingsfooie bekend gemaak het nie en boonop versuim het om enige finansiële state bekend te maak vir entiteite waarin hy 'n belang het.

"Daarsonder is die hof nie in 'n posisie om die bates en laste van die entiteit, insluitend die inkomste en uitgawes van die betrokke entiteit, vas te stel nie,” meen Imalwa wat ook aangevoer het dat Hatuikulipi nie inkomste, lopende banksaldo's of ander likiede bates bekend gemaak het nie, insluitend huurinkomste van verskeie eiendomme.

Imalwa voer aan dat Hatuikulipi daarom nie voldoen aan die statutêre vereistes vir 'n bevel vir die vrystelling van enige van sy ​​bates nie. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.19/OZ UP +0.28% | Copper US$ 5.06/lb UP +0.15% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.97/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 1 051.73/OZ DOWN -0.0309 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 11° | 30° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 11° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 20° | 35° Wind speed: 46km/h, Wind direction: NE, Low tide: 07:38, High tide: 14:01, Low Tide: 19:40, High tide: 02:00 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:59, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:36, High tide: 13:58, Low Tide: 19:38, High tide: 02:00 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 10° | 19° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 14° | 19° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.17 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.47 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.73 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.17 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.19/OZ UP +0.28% | Copper US$ 5.06/lb UP +0.15% | Zinc US$ 3 152.30/T UP 0.53% | Brent Crude Oil US$ 83.97/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 1 051.73/OZ DOWN -0.0309