Geen borg vir polisieman wat glo dwelms smokkel
Maandag in hof verskyn
Tjizake Ndjoze het voor landdros Rosalia Andima verskyn, wat die saak tot 15 Augustus uitgestel het vir verdere ondersoek.
Nikanor Nangolo in Walvisbaai – Tjizake Ndjoze (31), ’n polisiebeampte wat daarvan aangekla word dat hy dwelms ter waarde van N$8 000 in polisie-aanhoudingselle ingesmokkel het, is borgtog geweier nadat hy Maandag sy eerste verskyning in Walvisbaai se landdroshof gemaak het.
Ndjoze het voor landdros Rosalia Andima verskyn, wat die saak tot 15 Augustus uitgestel het vir verdere ondersoek. Ndjoze het aangedui dat hy verkies om private regverteenwoordiging te verkry.
Die beskuldigde is borgtog geweier op grond daarvan dat hy ’n polisiebeampte is.
Annakleta Kandjimi, die betrokke staatsaanklaer, het gesê die beskuldigde is betrap toe hy dwelms probeer insmokkel het.
“Ons glo dit is ’n sindikaat en ons vrees dit sal nie in die openbare belang wees om die beskuldigde op borgtog vry te laat nie,” het Kandjimi gesê.
Luidens ’n verslag wat die polisie beskikbaar gestel het, is ’n wenk ontvang dat ’n sekere polisiebeampte besig is om dwelms by die aanhoudingselle by die Walvisbaai-polisiekantoor in te smokkel. Die verdagte is op 29 Junie omstreeks 21:20 in Moses Garoebstraat in Walvisbaai in hegtenis geneem. Hy het 110 gram dagga, 30 gram majad kannabis, nege Mandrax-tablette en drie eenhede crack-kokaïen in sy besit gehad. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie