No Image Caption

Permit vir Nuwejaarspartytjie toegestaan

Streng reëls geld vir die fees in die Dorob Nasionale Park
Geen kampering of vuurwerke by die fees toegelaat nie.
Tanja Bause
Ellanie Smit - Die ministerie van omgewing, toerisme en bosbou het die publiek gerus gestel oor die Campout Dune Fest 23- partytjie wat vir Oujaarsaand in die Dorob Nasionale Park beplan word.

Die advertensie van die Campout-duinfees by die Sekelduin, ook bekend as die Amfiteater, het ‘n opskudding in bewaringskringe veroorsaak wat beweer dit word in ‘n beskermde gebied gehou. Die gebied is tussen Swakopmund en Walvisbaai geleë. Die

woordvoerder van die ministerie Romeo Muyundu het verduidelik ‘n gedeelte binne die gebied in die park is beskikbaar vir funksies.

“Die mense het aansoek gedoen vir ‘n permit wat met voorwaardes en in ooreenstemming met parkreëls toegestaan is. Die area kan bespreek word vir soortgelyke geleenthede soos troues en korporatiewe funksies,” het hy gesê.

Die geleentheid is op Facebook deur Plug & Play Solutions adverteer. Die permit is van 29 Desember tot 1 Januarie toegestaan het Muyunda gesê, maar wou nie bekend maak wie vir die permit aansoek gedoen het nie.

Voorwaardes om 'n permit vir die gebied te kry, sluit in dat parktoegangsfooie voor die geleentheid betaal moet word, terwyl geen oornagkampering, hommeltuig of afstandbeheerde vlieginstrumente, veld- of duinry, rommelstrooi en ook vure op die terrein toegelaat word nie.

Sekuriteit en toiletgeriewe moet ook aan besoekers verskaf word, terwyl wild geensins gestoor mag word nie.

Verder mag daar geen vuurwerke, vierwielmotorfietse en motorfietse toegelaat word nie en moet die gebied skoon en netjies gehou word en ook na afloop van die geleentheid skoongemaak word.

“Ons sal tydens die geleentheid teenwoordig wees. Hulle (die organiseerders) het ook ‘n paar dae deel van hul permit om te verseker die area word skoon gemaak,” het Munyunda gesê.

Volgens die advertensie vir die duinefees is daar ‘n maksimum van 2 000 gaste vir die woestynpartytjie.

“Terwyl die horlosie nader aan die nuwe jaar tik, dompel jouself in die skoonheid van die duine onder ‘n helder sterrehemel. Ons spesiaalgeboude verhoog sal die middelpunt wees waar Namibië se beste platejoggies hul slag gaan wys en gereed sal wees om jou aand met hipnotiserende klanke en ritmes te vul.”

Volgens die advertensie is daar genoeg toiletgeriewe, veilige aangewese parkering en vuurdromme wat vir hitte sal sorg.

“Bring ’n opwip-tent en jou koelboks met drinkgoed en kos, maar onthou om geen spoor van jou teenwoordigheid in die park agter te laat nie.”

Muyunda het by navraag oor bogenoemde gesê dit is verbode om in die Dorob te oornag en dit is deel van die permitvoorwaardes. Die geleentheid is slegs vir persone ouer as 18 jaar en ‘n streng beleid van geen dwelms en of vuurwapens sal gehandhaaf word nie. Pogings om kommentaar van Plug & Play Solutions te kry, was tevergeefs.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.86/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 884.30/T DOWN -2.36% | Brent Crude Oil US$ 83.26/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 968.76/OZ DOWN -0.01 #N/A