Donker ure is die voorland vir verskeie dorpe in Namibië wat vir NamPower meer as 'n miljard skuld. Foto argief
Donker ure is die voorland vir verskeie dorpe in Namibië wat vir NamPower meer as 'n miljard skuld. Foto argief

NamPower vorder steeds geld in

Hoofredaksie – Die nasionale kragverskaffer het gister bevestig dat hy wel Maandag ’n opdrag van die kabinet en die ministerie van finansies ontvang het om nie voort te gaan om wanbetalende elektrisiteitsverspreiders se kragtoevoer op te skort nie. NamPower word meer as ’n miljard geskuld en gaan gevolglik steeds voort met sy skuldinvorderingsplan.

Verskeie dorpe se elektrisiteit is Maandagaand tydelik opgeskort.

Al die Noordedorpe wat op Nored staatmaak vir elektrisiteit is geraak, asook Rehoboth, Mariental, Karasburg, Aranos, Maltahöhe, Gibeon, Bethanie, Tses, Koës, Leonardville, Berseba, Kalkrand en Stampriet.

“Die raad en bestuur het besluit om voort te gaan met die plan omdat dit in die beste belang van die finansiële volhoubaarheid van die maatskappy is, en vir die volhoubaarheid van elektrisiteitsvoorsiening in die land,” het NamPower aangevoer.

Die nasionale kragverskaffer sê hy het herhaaldelik oor die jare die skuld – sonder sukses – probeer invorder, en die laaste opsie is die geskeduleerde kragonderbrekings, wat nou toegepas word.

Die plan behels die inkorting van kragtoevoer in verskeie fases, met fase een wat nou Maandae vanaf omstreeks 18:00 vir twee ure toegepas was. Die plan sit nege fases uiteen – met die negende fase waar die betrokke dorpe agt ure per dag, sewe dae per week sonder krag sou wees.

Gister se verklaring volg nadat die kabinet glo verlede Dinsdag besluit het dat NamPower nie die elektrisiteit moet afskakel nie. ʼn Ooreenstemmende brief van minister Iipumbu Shiimi is egter eers Maandag geskryf en gestuur. Shiimi het ook afskrifte aan Tom Alweendo, die minister van myne en energie en aan Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, gestuur.

NOORDE

’n Ouer van Rundu, Martin Linkumbi, het gesê sy kinders – wat tans eksamen skryf – moes noodgedwonge met sy selfoon se flitslig studeer.

“My kinders het (Dinsdag) eksamen geskryf en as ouer het ek geen ander keuse gehad as om vir hulle my selfoon te gee sodat hulle hul kamer kon verlig om te studeer nie.

“Dit is nie wat ons vooruitgang noem nie. Nored en NamPower moet die gemors regmaak waarin hulle ons gedompel het. Dit kan nie weer gebeur nie,” het hy uitgevaar.

Wat baie inwoners ontstig het, is dat hulle van voorafbetaalde elektrisiteit gebruik maak en dus nóg hul dorpsrade nóg die elektrisiteitsverspreiders in hul streke enigiets skuld.

SAKE

Die voorsitter van die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) se tak in Kavango-Oos, Geraldo Illarius, het namens die twee Kavangostreke aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê NamPower se nuwe maatreël het besighede in die gebied geraak. Hy het gesê kleinsake-eienaars – wat nie rugsteunkragopwekkers het nie – moes hul besighede vroeg sluit.

Die Rundu-sakeman en gemeenskapsaktivis Frans Moyo het gesê hy moes sy sjebien vroeër as gewoonlik toemaak aangesien dit nie veilig was om dit oop te hou nie.

“Die area waar ek besigheid bedryf is nie een waar jy kliënte in die donker kan bedien nie. Dit is nie veilig nie. Wat ek wil weet, is hoekom Nored toegelaat het dat dit met ons gebeur. Ek gebruik voorafbetaalde elektrisiteit,” het hy gesê.

GESONDHEID

Maria Shafodino, die tegniese koördineerder in beheer van instandhouding by die Ongwediva Medipark private hospitaal, het gesê hulle het genoeg reserwes en is nie deur die kragonderbreking geraak nie.

Openbare gesondheidsfasiliteite sonder kragopwekkers, soos klinieke waar yskaste en vrieskaste gebruik word om medisyne te stoor, sal egter vinnig die knyp voel.

Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, het gesê dit is jammer dat sommige gebiede van die land sulke probleme ervaar, maar het vinnig bygevoeg dat baie openbare gesondheidsfasiliteite rugsteunkragopwekkers het.

Nored het Maandag om verskoning gevra vir die kragonderbrekings en gesê samesprekings met NamPower en ander belanghebbendes duur voort. Rehoboth se dorpsraad onderhandel ook nog en het belowe om burgers op hoogte te hou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%