FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF

‘Administrateurs beheer mediese fondse’'

Registrateur het wetlike magte om situasie te verander
Dit is volgens 'n regsfirma 'n 'ope geheim' in die mediesefondsbedryf dat administrateurs etlike miljoene in die vorm van dividende aan ander persone betaal.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Mediese fondse het in die 2022- finansiële jaar meer as N$411 miljoen in betalings aan administrateurs gemaak.

Die bedrag sluit nie in wat die staat se mediese fonds (Psemas) jaarliks aan Methealth betaal nie.

In dié finansiële jaar het NMC N$125,5 miljoen aan Methealth, Bankmed N$9,6 miljoen aan Methealth, Renaissance N$109,5 miljoen aan Prosperity en Gemhealth N$3,3 miljoen aan Prosperity betaal.

Prosperity kry ’n verdere N$2,4 miljoen van Napotel, terwyl NHP N$126,5 miljoen aan Medscheme en Nammed N$34,3 miljoen aan Paramount betaal het.

Volgens ’n bekende regsfirma wat in opdrag van ’n gesondheidsdiensverskaffer amptelike korrespondensie aan die registrateur van mediese fondse gerig het, is dit ’n “ope geheim” in die bedryf dat “ander persone baie miljoene dollar in die vorm van dividende deur hierdie administrateurs betaal word”.

Ellis & Vennote sê in die brief die bogenoemde N$411 miljoen is “verbysterend” en is dit nie moontlik dat dit ’n regverdige koste verteenwoordig om Namibiese mediese fondse te bestuur nie.

Ook is ’n “doeltreffende en baie winsgewende meganisme” deur administrateurs van fondse ontwerp om die afdeling van die wet op mediese fondse te omseil wat sê “geen gedeelte van enige surplus wat deur die fonds in enige finansiële jaar verwesenlik is, mag aan sy lede of enige ander persone versprei word nie”.

“Dit was nooit die bedoeling van die wetgewer dat private individue en private maatskappye miljoene Namibiese dollar moet maak uit die bydraes wat deur lede aan mediese fondse betaal word nie,” lui die brief.

Dit plaas ook die benarde finansiële posisie van mediese fondse voor die deur van die eise wat deur die aandeelhouers van die administrateurs gestel word om ’n steeds toenemende netto wins te verdien vir doeleindes van die uitbetaling van dividende.

Laasgenoemde is volgens die regsfirma tans besig om die beskikbare hulpbronne van die fondse uit te wis.

Die regsmening verwys ook na die verhaling van administratiewe uitgawes wat in die konteks van die wet duidelik impliseer dit moet deur die fonds self verhaal word.

“Dit is duidelik dat mediese fondse verbied word om enige surplus deur die fonds aan enige ander persone te versprei. Die administrateurs val duidelik onder ‘enige ander persone’.”

Dit maan om buitensporige fooie aan ’n administrateur te betaal met die doel dat dit beduidende winste kan genereer en dan reusedividende aan die administrateur se aandeelhouers te betaal “is duidelik onder die omstandighede onwettig”.

Die regsfirma sê sou die reuse-omvang van administratiewe fooie wat oor baie jare deur mediese fondse aan administrateurs betaal is nie gebeur het nie, sou mediese fondse tans ’n reuse-surplusfonds in beleggings gehad het en sou die huidige finansiële druk wat tans deur fondse ervaar word, nie bestaan het nie.

“Inteendeel sou mediese voordele wat aan lede gebied word, beduidend verbeter en die maandelikse bydraes beduidend minder wees.”

Die regsopinie stel ’n omvattende ondersoek voor wat sal wys “mediese fondse word ten volle deur die administrateurs beheer en mediese fondse wat niewinsgewende entiteite moet wees, is inderdaad sommige van die mees winsgewende besighede in die land”.

Ellis & Vennote wys ook daarop dat byna alle mediese fondse in die land gekies het om die registrateur se statutêre magte te ignoreer deur drasties hul reëls te verander. Dit terwyl die wet vir mediese fondse dit baie duidelik maak dat “geen sodanige wysiging, herroeping of byvoeging geldig is, tensy dit deur die registrateur goedgekeur en kragtens subartikel 2 geregistreer is nie”

Die regsfirma verwys na die saak tussen die mediese fonds Heritage Health en die registrateur in die hoër- en hooggeregshof waarin die vereiste goedkeuring van die registrateur vir die wysiging van tariewe ’n sentrale rol gespeel het.

Volgens die regsmening is dit in die lig van bogenoemde “onhoudbaar dat mediese fondse jou bloot ignoreer en nie net hul reëls verander nie, maar ook hierdie veranderinge op uiters kort kennisgewing afdwing”.

Dit verwys ook na ’n advertensie in die gedrukte media op 22 Januarie vanjaar waarin die registrateur hom in die openbaar distansieer van die wysigings wat eensydig deur Renaissance Health gemaak is.

Ander mediese fondse het egter dieselfde roete gevolg soos weerspieël deur ’n brief van die administrateur Methealth aan verskaffers van gesondheidsdienste.

Nie net was “jou kantoor nie erken in die verandering van reëls nie”, maar is diensverskaffers ook nie geraadpleeg nie en in die donker gelaat.

“Mediese fondse het nie net besluit om 10% minder aan hul lede te betaal nie, hulle het lede ook adviseer dat hulle net ’n bybetaling tot die diensverskaffer moet maak wat 5% minder is as wat voorheen die geval was (15% i.p.v. 20%). Hulle adviseer dus valslik aan lede dat hul bybetaling met 5% verminder is en ’n doeltreffende vermindering in die bedrag skep wat deur die relevante diensverskaffer van 15% verhaal kan word. Dit is nie net onredelik nie, dit is ook onvolhoubaar.”

Die regsfirma maan dit is juis hierdie onwettige en onredelike veranderinge in fondse se reëls wat wetlik van die registrateur vereis word om te voorkom.

Ellis & Vennote beklemtoon die registrateur het in terme van artikel 4 (9) van die wet die magte om daadwerklik iets aan die huidige stand van sake te doen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 20° | 35° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 15° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 15° | 30° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:49, High tide: 02:42, Low Tide: 20:58, High tide: 15:11 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:47, High tide: 02:40, Low Tide: 20:56, High tide: 15:09 Walvis Bay: 14° | 22° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:47, High tide: 02:39, Low Tide: 20:56, High tide: 15:08 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 16° | 30° Keetmanshoop: 13° | 28° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 16° | 25° Ariamsvlei: 14° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 29° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 11° | 20° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 14° | 18° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 18° | 29° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.63 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1381.65 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76776.44 Up +0.46% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1698.71 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.48 Down -0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.57/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.64% | Zinc US$ 2 958.60/T UP -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 977.40/OZ UP +2.99% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 20° | 35° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 15° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 15° | 30° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:49, High tide: 02:42, Low Tide: 20:58, High tide: 15:11 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:47, High tide: 02:40, Low Tide: 20:56, High tide: 15:09 Walvis Bay: 14° | 22° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:47, High tide: 02:39, Low Tide: 20:56, High tide: 15:08 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 16° | 30° Keetmanshoop: 13° | 28° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 16° | 25° Ariamsvlei: 14° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 29° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 11° | 20° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 14° | 18° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 18° | 29° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.63 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1381.65 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76776.44 Up +0.46% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1698.71 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.48 Down -0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.57/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.64% | Zinc US$ 2 958.60/T UP -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 977.40/OZ UP +2.99%