Dis heerlike lente . . .
Die lenteseisoen breek vandag aan en hoewel temperature langs die kus nog onder 10 ºC soggens is, styg die kwik in die res van die land. Lüderitz sal met 8 ºC vanoggend die koudste dorp wees, met 9 ºC in Walvisbaai en 10 ºC in Swakopmund. In Windhoek is die bloeisels reeds sigbaar aan die doringbome en die bome en struike trek hul groen baadjies aan. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie