Skare 'steel' vissermanne se vangs

Nette gesny
'n Groep kwotahouers is van byna drie ton vis beroof
Adam Hartman
’n Groep vissermanne wat permitte van die ministerie van visserye het om met nette van die strand af vis te vang, is na bewering deur ’n horde mense naby die petrolkaai net noord van Walvisbaai oorval. Tonne vis is glo so gebuit.

Dié vissermanne het aangewese areas waar hulle mag visvang en geen gemotoriseerde toerusting word gebruik nie.

Een van die kwotahouers wat welbekend in die Walvisbaaise gemeenskap is en verkies het om naamloos te bly uit vrees dat hy geviktimiseer sal word, sê die groep was in die omgewing van die kaai besig om met nette te vang. Dit was omstreeks 09:00 en sowat vyf permithouers het in die gebied net noord van die vlootbasis en ghwano-eiland vis gevang.

Volgens hom het ’n skare mense van wie sommige in voertuie was vanuit die noordelike woonbuurte van Walvisbaai na die groep vissermanne beweeg.

“Ons het ’n mengsel van vis in die nette gevang, meestal kleiner tipes. Ons het sowat drie ton ingetrek,” het hy gesê.

“Terwyl ons besig was om die nette in te trek, het die skare ons aangeval.”

Volgens hom het die mense probeer om die vis uit die nette te haal.

“Daar was so baie van hulle, dit het gelyk soos miere. Toe ons hulle probeer stop, het hulle gedreig om ons met messe te steek.”

Volgens hom was daar selfs kleuters tussen die menigte mense.

“Hulle het ook ons nette stukkend gesny. My skade alleen was sowat N$120 000.”

Die groep vissermanne het gevlug en kon net sowat 60 kg vis self neem; die res is gesteel.

“Mense het dit selfs in hul motors gelaai. Gelukkig is niemand beseer nie, maar ons het vir ons lewens gevrees,” het hy gesê.

Volgens hom was polisiebeamptes daar, maar hulle was na bewering te bang om te help omdat daar te veel mense was.

“Dis hoe ons ’n bestaan maak. As ons lewens in gevaar is, wat moet ons doen ... terugbaklei? Ons het nie altyd so ’n vangs nie, wat sal gebeur as ons volgende keer die gereg in ons eie hande neem?”

Die polisie se woordvoerder in die Erongostreek, insp. Ileni Shapumba het by navraag gesê die polisie is nie bewus van die voorval nie. Die polisie was wel bewus dat weerstoestande ’n uitspoel van vis veroorsaak het wat skares na die gebied gelok het.

Die ministerie se woordvoerder, Uaripi Katjiukua , het ’n “voorval” bevestig, maar gesê dit moet eers ondersoek word voordat ’n amptelike verklaring uitgereik word. Sy het wel aangedui die vis op die strand was nie ’n natuurlike verskynsel nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!