PAS IN: DR 3660 tydelik gesluit
Die nasionale Paaieowerheid (RA) het pas aangekondig dat die distrikspad (DR3660) tussen Shipepe en Oontanadhambinga gesluit is weens vloede in die omgewing.
Padgebruikers word aangeraai om die DR4102 tussen Aakwenyana en Omeege as 'n alternatiewe roete te gebruik tot die DR3660 weer herstel is.
Die RA het padgebruikers verder gemaan om versigtig te bestuur tydens die reënseisoen en om paaie in vloedareas sover moontlik te vermy.
Lede van die publiek kan enige padobstruksies onder die RA se aandag bring deur 'n e-pos na [email protected] te stuur. Die jongste verwikkelinge rakende nasionale paaie is op die RA se Facebookblad beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie