Wêreldrugby wys Spanje se appèl van die hand
Rugby
Wêreldrugby het Spanje se appèl teen sy diskwalifisering van aanstaande jaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk van die hand gewys.
Die beweerde vervalsing van ’n datum op die Suid-Afrikaanse stut Gavin van den Berg se paspoort het in April daartoe gelei dat Spanje uit die skouspel geskop is.
Wêreldrugby het toe besluit dat Roemenië die Spanjaarde in Parys sal vervang omdat hulle Van den Berg, wat nie verkiesbaar was nie, in twee WB-kwalifiseringswedstryde ingespan het.
“Die onafhanklike appèlkomitee het die oorspronklike bevinding hersien en na aanleiding van die beskikbare inligting beslis dat Wêreldrugby se beslissing gehandhaaf word,” het die sport se beheerliggaam Maandag in ’n verklaring gesê.
“Die Spaanse Rugbyunie se appèl teen die diskwalifisering word dus van die hand gewys.”
– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie