Senegal hou Afrika se naam hoog in WB-toernooi
Sokker
Nederland en Senegal het Dinsdag in Katar na die ronde van 16 by die Wêreldbeker-sokkertoernooi deurgedring deur onderskeidelik met Katar en Ecuador af te reken.
Nederland het Katar in Al Khor met 2-0 geklop terwyl Senegal in Doha danksy ’n vegterspoging met 2-1 teen Ecuador baas was.
Daar was vooraf min twyfel dat Nederland dit sou regkry, maar tussen die spanne van Senegal en Ecuador was daar min te kies.
Indien die telling gelykop geëindig het, sou Ecuador deurgedring het. Die Afrika-span moes dus alles in die stryd werp om te wen.
Hy het dit ook gedoen en het die voortou geneem toe Ismaila Sarr in die 44ste minuut met ’n strafdoel geslaag het.
In die 67ste minuut het Moises Caicedo die telling gelykop gemaak, maar net twee en ’n halwe minute later het Senegal weer die doelhok gevind, tot groot teleurstelling van die Suid-Amerikaners.
Die Afrika-span se held was sy kaptein, Kalidou Koulibaly. Dié veteraan van 67 internasionale wedstryde het, glo dit of nie, sy eerste doel op die groot verhoog behaal.
In die laaste minute het Ecuador desperaat aangeval, maar hy kon nie deurdring nie.
NEDERLAND
Die kragmeting tussen Nederland en Katar het minder opwinding opgelewer.
Die Europese span het nie eens op volle krag gespeel nie en het steeds te veel vuurkrag vir die gasheerland gehad.
Die 23-jarige vleuel Cody Gakpo het sy wenspan se eerste doel in die 27ste minuut aangeteken. Dit was Gakpo – tot dusver een van die grootste uitblinkers in die WB-toernooi – se derde doel in drie wedstryde.
Die wenspan se ander doel is deur Frenkie de Jongh in die 49ste aangeteken.
Nederland het met sewe punte boaan groep A geëindig, met Senegal tweede met ses punte.
• Woensdag is dit die spanne van groep D en groep C wat sake uitspook.
Groep D se spanne speel almal om 17:00, wanneer Tunisië teen Frankryk en Australië teen Denemarke speel.
Om 21:00 is dit groep C se beurt, met Pole en Argentinië en Saoedi-Arabië en Mexiko wat mekaar pak.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie