Klub waardeer Tuané se deurbrake
Atletiek
Tuané Silver se oefenmaats het haar ’n warm verwelkomingseremonie besorg by haar aankoms uit Cali in Colombia, waar sy verlede week vyfde in die gewigstoot by die o.20-wêreldkampioenskap geëindig het.
Windhoek Gimnasium Atletiekklub se voorsitter, me. Karina Theunissen, het tereg uitgewys dat die 18-jarige Silver nou reeds drie keer vanjaar die nasionale senior vrouerekord in gewigstoot verbeter het – vanaf 14.41 meter tot waar dit nou op 15.95 meter staan.
“In die laaste drie maande het sy ons klub in Mauritius (senior Afrika-kampioenskap), op Sasolburg en nou in Colombia verteenwoordig. Sy doen baanbrekerswerk as ’n senior verteenwoordiger van ons klub en is ’n goeie vooruitsig vir Namibiese atletiek, wat tans in ’n baie gesonde toestand verkeer,” het Theunissen gesê.
Silver se afrigter, me. Christine van der Linde, het gesê die rekordprestasies is ’n beloning vir al die trane, sweet, raas en opoffering op die oefenbaan.
Volgens die gesoute worpe-afrigter, wat tevore ook met die huidige mansdiskusgooi se Afrika-bronswenner Ryan Williams en sy Pukke-klubmaat Leeoor-Ell Breytenbach gewerk het, is geen doelwit onmoontlik vir die begaafde jong sportvrou nie, wat ook in diskusgooi en die 200-naelloop ’n gedugte teenstander is.
Silver, wat nog skaars Maandagoggend in Windhoek grondgevat het, het net ’n vlugtige draai by die atletiekbaan gemaak voordat sy van daar ook aan die nasionale o.19-netbalproewe gaan deelneem het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie