Geskorste stut spyt oor sy fout

Rugby
Vroeë skulderkenning en aanvaarding van die straf het 'n kwytskelding van een jaar op die normale skorsing meegebring.
Andrew Poolman
Die jong Namibiese stut Gerhard Opperman bly tot bykans die einde van 2024 uit alle rugbybedrywighede geskors.

“Ek het ’n fout gemaak terwyl ek met ’n skouerbesering gesukkel het, maar dis nie regtig ’n verskoning nie. Ek is jammer vir wat ek gedoen het. Ek vra verskoning aan my familie en aan die nasionale rugby-unie,” het Opperman gister aan die koerant gesê.

“Rugby is my passie en dis nogals hartseerlik dat ek ’n droom so weggegooi het om myself dalk in die prentjie vir insluiting in ’n Wêreldbekerspan te bring.”

Opperman, wat in September 22 jaar oud geword het, is twee maande later vir die eerste keer ingesluit vir die toer waar Namibië die vierhoekige Wêreldrugby Stellenbosch-uitdaagtoernooi teen Kenia, Zimbabwe en Brasilië gewen het.

Op dag een is hy ná 53 minute as plaasvervanger vir sy toetsdebuut opgestuur toe Aranos Coetzee sy boarmspier geskeur het in die uiteindelike oorwinning met 60-24 teen Kenia.

Ses dae later het hy in die 3-trui begin en vir die eerste 73 minute van die oorwinning met 41-10 teen Zimbabwe gespeel.

Tydens dié toernooi is Opperman aan ’n toets vir verbode middels onderwerp. Die uitslag het die teenwoordigheid van Metandienone (’n anaboliese steroïed) en Tamoxifen (’n metaboliese en hormoon-onderdrukker) uitgewys.

Die speler het geen terapeutiese vrystelling vir die gebruik van hierdie middels gehad nie en Wêreldrugby het hom dus vir die gebruik van verbode middels aangekla.

In sy verduideliking aan Wêreldrugby het die speler erken dat hy beide middels bewustelik ingeneem het.

Die wêreldbeheerliggaam het Opperman dus in Februarie ingelig dat hy ’n skorsing vir vier jaar in die gesig staar. Indien hy egter binne 20 dae vanaf dié kennisgewing die positiewe uitslag en die gevolge sou erken en aanvaar, tree regulasie 21.10.8.1 in werking en word die skorsing van vier jaar tot drie jaar verkort.

Met hierdie opsie vir vroeë skulderkenning en aanvaarding van die driejaarskorsing het die speler op 16 Februarie afstand gedoen van sy reg tot ’n verhoor.

Totdat sy skorsing dus om middernag op 15 Desember 2024 ten einde loop, mag Opperman nie aan enige rugbykompetisie of -aktiwiteit deelneem nie, afgesien van goedgekeurde voorligting- of rehabilitasieprogramme wat teen die gebruik van verbode middels gerig is.

Die speler moet vir die duur van sy skorsing ook beskikbaar bly om getoets te word.

Opperman het tevore Windhoek Gimnasium, Trustco United en die Namibiese o.20-span verteenwoordig, voordat hy in sy pa Gerhard (Jood) se spore gevolg het deur die senior toetsspan te haal.

ZIMBABWIËR OOK

By dieselfde November-toernooi is Zimbabwe se losskakel Dudlee White-Sharpley ook positief getoets vir die gebruik van Boldenone, 19-norandrosterone, Nandrolone en Tamoxifen. Dieselfde regulasie vir vroeë skulderkenning en aanvaarding van strafmaatreëls is ook in sy geval toegepas, wat sy skorsing van vier jaar tot drie jaar verkort het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!