Eagles loer net in voor hul WB-afskeid
Krieket
Net ’n kortstondige tuiskoms is die Namibiese Eagles-krieketspan beskore, wat gisteroggend van hul toer na Papoea-Nieu-Guinee vir ’n driehoekige eendagtoernooi teruggekeer het. Afrigter Pierre de Bruyn en sy manne vertrek reeds vroeg vandeesweek weer na Australië vir die land se tweede deelname aan die T20 Wêreldbekertoernooi. Die Eagles se strewe is opnuut om tot die Supertwaalffase deur te dring, maar dan sal hulle weer minstens twee van hul drie wedstryde in die eerste ronde teen Sri Lanka (16 Oktober), Nederland twee dae later en die Verenigde Arabiese Emirate (20 Oktober) moet wen. Namibië se amptelike opwarmwedstryde in Melbourne is ’n aandwedstryd teen Ierland op 11 Oktober, asook teen Zimbabwe op 13 Oktober. Foto Krieket Namibië
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie