Drikus en Yolande verdedig titel

Bergfietsry
Tielman van Lill
Die verdedigende kampioene in die gemengde afdeling, Namibië se Drikus Coetzee en Yolande de Villiers van Suid-Afrika, sal môre in die Trans Baviaans marathon – 230 kilometer op ’n ongemerkte roete vanaf Willowmore na Jeffreysbaai binne die spertyd van 24 uur – nog ietsie spesiaal ekstra by hul 2021-titel wil voeg.

Meer as 1 000 ryers wat in spanne van twee tot vier deelneem, sal in die Wes-Kaap die 18de weergawe in ysige weer en moontlik ligte reën moet trotseer. Die webblad doop die Trans Baviaans reeds as die wêreld se langste en taaiste enkelskofresies vir bergfietsryers.

Coetzee het aan Republikein gesê: “Ons wil kyk of ons nie vanjaar die geskiedenisboeke ’n bietjie kan herskryf nie, deur haar as die eerste vrou in die geskiedenis van die resies algeheel eerste oor die eindstreep te kry.

“Die spanne wat verlede jaar die algeheel eerste en tweede was – beide manspanne – is ook weer daar en gaan die kompetisie interessant maak. Ons wil bitter graag die manspanne uitstof om Yolande eerste op die podium te kry.”

De Villiers het gister gesê: “Drikus was by die Statebondspele (in Birmingham). Hy het Dinsdag teruggevlieg en Woensdag in Namibië aangekom. Vandag is dit Suid-Afrika toe vir hom. So hopelik ‘fire’ die ou en ja, dan gooi ons rooi.”

Oor Erick Heyns en Wayne van der Walt, na verwagting hul grootste teenstand, het sy opgemerk: “Daai knapies gaan gooi! Maar hulle sal moet gooi, want ons is lus vir jaag!”

Team Madmacs/Coopetto/Davin Trust van Coetzee en De Villiers gaan ongenaakbaar in hul aanslag wees om hul gemengde kroon te behou. Maar die duo wat laasjaar algeheel derde geëindig het, gaan dit nie maklik hê nie. Die Sokool Veracity/Varsity College tweemanspan se Heyns en Van der Walt is ook op die wegspringrooster om hulle opdraande te gee.

Die driemanspan van Uncle Fish (Gawie Combrinck, Gerrit de Vries and Nico Bell) is ook ’n faktor.

Heyns en Van der Walt het in 2021 die resies in 8 uur 21 minute 29 sekondes gewen, met Bell, Combrinck and De Vries tweede in 8:22:46. Coetzee en De Villiers was met 8:36:42 derde.

De Villiers, van Oudtshoorn, is ’n beproefde ultra-afstandryer – net soos die Namibiër wat in Mei die 36One MTB Challenge-baanrekord verbeter het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!