Bybelse wysheid
1 Kor. 12:12,14: "Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus. Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie."
Charles Haddon Spurgeon was 'n baie bekende en dinamiese baptiste prediker in die 19de eeu. Hy het baie siek geword. Ná hierdie lang tydperk van siekte het iemand vir hom iets gegee om te eet. Hy sê toe: dit smaak na genade.
Wanneer ons liggame so siek is, verlang ons daarna dat dit weer gesond moet wees. Dan besef ons hoe belangrik elke deel van die liggaam is. Wanneer ons gesond word, voel dit soos genade.
Ek hoor gereeld mense sê: “Nee, laat iemand anders die werk doen. Hy of sy is bevoeg. Ek het nie hulle vermoë nie.”
Die Gees gee aan elkeen ’n gawe. Dit verskil van mekaar. Die een is nie belangriker as die ander nie. Dit maak nie saak hoe klein jou gawe in jou eie oë is nie. Dit maak saak vir die Here en sy kerk.
Jy lewer ’n bydrae tot die gesonde funksionering van die liggaam (16-20). Sonder jou sal dit siek word. Wanneer jy jou bydrae maak, sal genade ervaar word.
Here, maak my bereid om my gawes te deel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie