Sesjarige onsedelik aangerand
'n Man (19) verskyn môre in die landdroshof op Ondangwa, nadat hy na bewering Donderdagaand 'n vrou by die Opembelonga-nedersetting in die Ondjamba-gebied verkrag het. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag is die 20-jarige vrou onderweg na 'n winkel deur die verdagte oorval en verkrag. In nog 'n voorval is 'n sesjarige meisie by die Epoli-nedersetting in die Endola-kiesafdeling deur 'n beeswagter met 'n stok onsedelik aangerand. Sy moes volgens die polisie mediese behandeling vir beserings ontvang. Die man is nog nie in hegtenis geneem nie.
In 'n onverwante voorval is die lewelose liggaam van 'n twee maande oue babameisie, Christine Nandjeva Kanema, Vrydag omstreeks 06:00 deur haar ma in die Mutengo-nedersetting in Kavango-Wes ontdek. Volgens die polisie word ondersoek na die oorsaak van haar dood ingestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie