Mieliemeel vir skolevoedingsprogram gesteel
Tien sakke mieliemeel van 12,5 kg elk wat geoormerk is vir die gekombineerde skool Halili in die Halili-nedersetting se skolevoedingsprogram, is Vrydag omstreeks 23:00 by die skool gesteel. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die verdagtes toegang tot die stoorkamer deur 'n venster verkry. Ses verdagtes in die ouderdomme van onderskeidelik 15, 16, 17, 17, 18 en 21 jaar, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die minderjariges is op waarskuwing in die sorg van hul voogde vrygelaat en verskyn môre in die landdroshof op Rundu.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie