Man steel taxi om vriend se lewe te red
‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy Vrydag ‘n taxi gesteel het om sy vriend, wat ernstig beseer is, na ‘n hospitaal by Mondesa in die Erongostreek te haas.
Luidens ’n polisieverslag het mnr. Benedict Aubeb (22) met ‘n ander man gestry oor ‘n selfoon wat glo deur ‘n onbekende persoon in die groep gesteel is.
“Hierna het die verdagte Aubeb met ‘n onbekende skerp voorwerp aan die linkerkant van sy nek gesteek. Hy het ernstige beserings opgedoen,” lui die verslag.
Die verdagte het van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet.
SPOEDIG TE HULP
Volgens die polisie het een van Aubeb se vriende toe ‘n taxi gestop om hulle na die staatshospitaal op Swakopmund te neem, maar die taxibestuurder het geweier om hulle te help.
Die slagoffer se vriend het toe glo die bestuurder met ‘n mes gedreig, hom uit die voertuig gedwing, die slagoffer in die voertuig gelaai en na die staatshospitaal gery.
Polisiebeamptes wat patrollie gedoen het, het op die taxibestuurder afgekom, wat die saak aan hulle verduidelik het. Hulle het agter die motor aan gejaag, en die gesteelde taxi is uiteindelik teruggevind en aan die bestuurder terugbesorg.
“Die gewonde slagoffer, wat glo baie bloed verloor het, is na die hospitaal vir behandeling geneem. Hy is in ‘n ernstige maar stabiele toestand opgeneem,” het die polisie bevestig.
Die taxibestuurder het glo ’n saak van diefstal aanhangig gemaak teen die ongeïdentifiseerde man wat sy vriend se lewe probeer red het.
NOOTLOTTIGE ONDERONSIE
In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 29-jarige man Saterdag in Mondesa dood nadat hy tydens ‘n onderonsie met ‘n ander man (39) in die bors gesteek is.
Volgens die polisie het die oorledene, mnr. Dennis Tsuseb, en die verdagte in die straat gestry.
Die verdagte het toe glo ‘n mes by sy huis gaan haal en die bakleiery het voortgeduur.
Na bewering het Tsuseb die verdagte met ‘n Tassenberg-wynbottel geslaan en as weerwraak het die verdagte Tsuseb in die bors gesteek.
“Die oorledene het ineengestort terwyl hy besig was om die verdagte te jaag,” lui die polisieverslag.
Hy is op die toneel dood verklaar en sy lyk is na die staatslykshuis op Swakopmund geneem. Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie