WATER INTERRUPTIONS: NamWater is rationing water in the four O regions because of construction currently taking place on the canal. PHOTO: FILE
WATER INTERRUPTIONS: NamWater is rationing water in the four O regions because of construction currently taking place on the canal. PHOTO: FILE

Waterrantsoene vir streke in noorde

Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Die nasionale waterverskaffer, NamWater, het ­aangekondig sommige noordelike dele van die land gaan wateronderbrekings ondervind weens konstruksiewerk wat tans aan die kanaal gedoen word.

Die watertoevoer na gebiede in die Oshikoto-, Ohangwena-, Omusati- en Oshanastreek word hierdeur ­beïnvloed.

Mnr. Abraham Ashipala, NamWater se bedryfsbestuurder vir dié gebied, het gesê die huidige opgraderingswerk aan die kanaal sal tot gevolg hê dat water na NamWater se suiweringsaanlegte en -verspreidingstelsels stadiger sal vloei.

Hy het gesê om die beskikbaarheid van water aan kritieke belanghebbendes te verseker, het hulle op 3 Junie met waterrantsoenering begin wat tot 18 Junie sal duur.

Die konstruksiewerk het ten doel om die reserwekapasiteit van komponente te bou en die beperkte ­beskikbare volume water wat ­geproduseer word, te onderhou.

“Ons herbou die kanaal om ons kapasiteit te vergroot sodat almal water kan ontvang,” het hy gesê.

Ashipala sê indien dringende behoeftes aan noodsaaklike dienste bestaan, word hospitale en ­klinieke aangemoedig om NamWater se kantore in die betrokke streke te skakel vir moontlike reëlings om voorraad deur watertenks te laat aflewer.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!