Kompetisies

Wen groot met Superrugby

 

 

Meer as N$40 000 se pryse is in 2018 op die spel in Republikein en MultiChoice Namibia (DStv en SuperSport) se Superrugby SMS-kompetisie.


Voorspel die eindtelling tussen die Stormers en die Lions
Wen 2 pryse van N$500 elk - een prys geborg deur Republikein en die ander deur MultiChoice Namibia - en 'n hoë definisie-dekodeerder ter waarde van N$299.
MultiChoice Namibia se pryse kan net losgeslaan word deur opbetaalde DStv Premium-intekenare en intekenare kan net een keer per jaar wen om ander intekenare ook 'n kans te gun om in die geluk te deel.
Pryse wat nie gewen word nie, staan oor na die volgende week.

Hoe om deel te neem:
Plaas die woord "DStv" vooraan jou SMS, gevolg deur die wenspan se naam, die wenspan se telling en die verloorspan se telling. Stuur jou SMS na 51500.
Wenners moet die wenspan se telling reg raai en met nie meer nie as vyf punte van die verloorspan se telling verskil.
Elke SMS kos N$3 en deelnemers kan soveel keer inskryf as wat hulle wil.
Inskrywings sluit met afskoptyd.



DIE PRYSE


Totale waarde van pryse: N$40 990
MultiChoice Namibia/DStv borg N$29 990 se pryse.
Dit sluit in die superprys van N$10 000 kontant aan die einde van die reeks vir een gelukkige deelnemer en ander weeklikse pryse ter waarde van N$19 990, bestaande uit 'n weeklikse kontantprys van N$500 en dekodeerders van MultiChoice Namibia (sien woorwaardes onder).
Republikein borg N$11 000 kontant verdeel in pryse van N$500 per week.

REËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES

  • Weeklikse wenners moet die telling van die wenspan in 'n gekose wedstryd korrek voorspel en met nie meer as vyf (5) punte nie van die verloorspan se telling verskil.
  • Republikein trek die wenners, behalwe vir die bonusprys aan die einde reeks - wat MultiChoice Namibia behartig. In 'n gekose wedstryd sal die wentelling die telling naaste aan die korrekte uitslag wees. Indien deelnemers die eindtellings van meer as een wedstryd per naweek kan raai, sal die naaste raaiskoot in enige wedstryd voorkeur kry.
  • Pryse geborg deur MultiChoice Namibia/DStv/SuperSport kan net gewen word deur opbetaalde en aktiewe premium DStv-intekenare. MultiChoice Namibia/DStv vereis dat ’n intekenaar net een keer in die seisoen een van hul pryse mag wen. Kontantpryse geborg deur Republikein kan deur enigiemand gewen word.
  • Die status van ’n intekenaar sal voor die toekenning van ’n prys deur MultiChoice Namibia geverifieër word. Indien die persoon nie kwalifiseer vir die prys nie, sal ’n volgende wenner getrek word uit oorblywende inskrywings wat kwalifiseer, waarna dieselfde verifiëringsproses herhaal sal word.
  • Die organiseerder en borg kan in die weeklikse kompetisie besluit om pryse na ’n volgende week oor te dra indien daar geen wenner/s is nie. Die besluit berus in geheel by die organiseerder en borg.
  • Die wenner van die bonusprys van N$10 000 aan die einde van die kompetisie sal getrek word uit alle inskrywings wat vir die totale duur van die kompetisie ontvang is, maak nie saak of antwoorde/tellings reg of verkeerd was nie. Net deelnemers wie se DStv Premium-subskripsie van 12 Februarie 2018 tot 4 Augustus 2018 elke maand betyds betaal was, sal vir die prys kwalifiseer.
  • Geen werknemers van MultiChoice Namibia of Namibia Media Holdings en sy filliale of hul onmiddellike familie sal kwalifiseer om enige prys te wen nie.
  • Die beoordelaars behou die reg voor om pryse aan naaswenners toe te ken wanneer ‘n persoon reeds die voorafgaande maand die wenner was.
  • Die beoordelaars se besluite is finaal.

Soortgelyk

 

Namibië se sukses intiem verbind met dié van...

2 ure gelede | Regering

Die staatshoof, pres. Hage Geingob, het vanoggend in sy Afrikadag-boodskap aan Namibiërs hulde gebring aan die rol wat die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), voorloper van...

Aardbewing skud Kamanjab wéér

2 ure gelede | Omgewing

Kamanjab is gister (Donderdag) vir die soveelste keer die afgelope maande deur ‘n ligte aardbewing geskud.Donderdagoggend se aardbewing wat 4,6 op die Richterskaal geregistreer het,...

Hepatitis E-uitbreking in Omusatistreek

1 dag gelede | Gesondheid

Sedert gister het die Omusatistreek 45 gevalle van Hepatitis E aangeteken, waarvan 10 deur laboratoriumtoetse bevestig is. Die meerderheid van dié gevalle is uit die...

Plaasvoorman skiet glo werker dood

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n 65-jarige plaasvoorman verskyn na verwagting vanoggend (Donderdag) in die landdroshof op Mariental op 'n klag van moord.Dít kom nadat hy glo...

RCC: Kontrak met Chinese ongeldig

1 dag gelede | Plaaslik

“Dit is aangegaan sonder die insette of goedkeuring van my as lynminister.” Mnr. John Mutorwa; Minister van Werke en Vervoer

’n Huis vir Helena

1 dag gelede | Gebeure

Maria Eiseb - ’n Skoonmaker en ma van vyf was sprakeloos toe ’n huis in die Greenwell Matongo-woonbuurt in Katutura aan haar oorhandig is.Me....

STEM EN WEN

1 dag gelede | Gebeure

Tot 1 Junie het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys.Kies uit:EenhanaOkahaoOniipaOranjemundDie vier finaliste sal hul dorpe...

Kalender 25 Mei

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Omba-galery, in samewerking met die John Muafangejo Art Centre (JMAC) bied ’n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan....

'Moenie NSFAF-geld terugbetaal'

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting'n Studente-organi­sasie het gister te velde getrek teen die voorstel dat beurse van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) in lenings omskep word.Daarnaas...

Weer vir 24 Mei

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op...