Tses-man se liggaam in Visrivier gevind
Polisie maak man se naam bekend
'n Man wat Sondag saam met sy 15-jarige seun gaan visvang het, het in die Visrivier geval en na bewering verdrink.
Die liggaam van ’n sakeman van Tses is gister omstreeks 10:00 in die Visrivier gevind.
Die man wat as mnr. Otto Emmanuel Kainkop (47) geïdentifiseer is, het na bewering die naweek verdrink.
Kommissaris Nicodemus Mbango, die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, het gister die verdrinking bevestig.
“Dit het omstreeks sesuur Sondagmiddag gebeur. Al wat ons weet is dat hy saam met sy 15-jarige seun gaan visvang het en in die rivier geval het. Ons het ’n soektog van stapel gestuur, maar sy liggaam is nog nie gevind nie,” het Mbango Maandag gesê. Kainkop en sy seun het ongeveer 20 km wes van Tses langs die Berseba-pad visgevang.
Hy het toe gesê die hulp van meer ervare duikers uit die hoofstad sal ingeroep word in ’n poging om die man se liggaam op te spoor, nadat die taakmag op Keetmanshoop se pogings onsuksesvol was.
Mbango het mense gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle die Visrivier besoek weens die klipperige gebied langs die rivier.
“Sekere dele van die Visrivier raaks soms onverwags dieper en dele van die rivieroewer is baie klipperig," het hy gewaarsku.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie