Treinwa op in vlamme

Tanja Bause
Die ou treinwa wat in Lüderitz naby die Waterkant voor dr. Eugene Marais se huis geparkeer was, het Sondag afgebrand.

Die brand het omstreeks 20:00 ontstaan. Mnr. Phil Balhao van die Lüderitz dorpsraad het gesê vandalisme en brandstigting kan heel moontlik die oorsaak van die brand wees.

“Dis dalk maar ’n goeie ding, omdat die kinders die treinwa gebruik het as ’n plek waar hulle dwelms kan gebruik. Dit bly nogtans ’n baie hartseer voorval. Ons het altyd gedink die wa sal miskien eendag ’n koffiewinkel of so iets kan huisves. Hy staan al so lank op die plek dat hy al deel van die meubels was, soos hulle sê.”

Die dorpsraad se brandweer en die vrywillige brandweerlede was spoedig op die toneel en het verhoed dat Marais se huis wat in 1906 gebou is, ook afbrand.

“Ek was op die toneel en die vuur was baie warm. Die mure van die dokter se huis is swart. Gelukkig het die brand nie versprei nie,” het Balhao gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!