Elf renosterkarkasse in Etosha gevind
'n Totaal van 11 gestroopte swart renoster-karkasse is sedert die begin van Junie in die Etosha Nasionale Park gevind. In die eerste ses maande van die jaar is 22 renosters tot dusver gestroop. Volgens die woordvoerder van die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, duur ondersoeke na die stropery voort en is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Kommentaar
Callie Opperman
Wat word gedoen om die renosters te beskerm in die wye vlaktes van Etosha? Bykans onmoontlik om toesig te hou!