Zverev sê lang seisoen is 'absurd'
Tennis
Alexander Zverev beskryf die lang tennisseisoen as “absurd” nadat hy Woensdag skynbaar stoom verloor het in sy kragmeting teen Novak Djokovic in die ATP-jaareindtoernooi.
Die 21-jarige Duitser het in sy 74ste ATP-wedstryd van die seisoen gespeel en nadat hy vir nege potte met die Serwiër meegeding het, het hy uitgesak om met 6-4, 6-1 te verloor.
“Die probleem is dat ons seisoen heeltemal te lank is. Maar ek het dit al voorheen gesê,” sê Zverev, wat met 55 seges vanjaar meer as enige ander speler gewen het.
“Ons speel vir elf maande van die jaar. Dit is absurd. Dis nie die geval in enige ander beroepsport nie.”
Hoewel hy deur baie kenners as 'n toekomstige Grand Slam-kampioen beskou word, kon Zverev nog nie verby die kwarteindronde in enige van die vier major-toernooie vorder nie.
Hy het reeds drie Masters 1000-titels beklink, wat 'n sege vanjaar op klei in Madrid insluit.
Zverev het die agtmalige Grand Slam-kampioen Ivan Lendl betrek in 'n poging om die volgende trappie te bereik en Djokovic, eerste op die wêreldranglys, glo dit sal vrugte afwerp.
Djokovic sê ook aanhangers moet geduldig wees met belowende spelers soos Zverev en soortgelyke jong talent soos Borna Coric van Kroasië en Stefanos Tsitsipas van Griekeland in hul veldtog om 'n deurbraak te maak in die sport se grootste toernooie.
“Ek weet julle ouens is dalk bietjie ongeduldig met hulle,” sê Djokovic.
“Ek dink daar is baie gehalte in die nuwe generasie. Zverev staan uit die aard van die saak aan die voorpunt, hy het homself bewys.
“Lendl is een die grootste legendes in ons sport. Met hom in jou kamp as jou mentor, as jou tennisafrigter, is baie waardevol. Hy is vir seker op die regte pad.”
Zverev kon nie in 2017 in Londen vir die halfeindronde kwalifiseer nie en moet vandag met John Isner afreken vir 'n kans om tot die naweek te oorleef.
– Netwerk4, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie