Zuma wil verslag oor Guptas nietig verklaar
Suid-Afrika se pres. Jacob Zuma probeer nou om die verslag oor “staatskaping” onwettig verklaar te kry.
Jan de Lange
Eers wou pres. Jacob Zuma net die bekendmaking van adv. Thuli Madonsela se verslag oor “staatskaping” vertraag.
Nou wil hy die verslag heeltemal begrawe sodat niemand dit ooit sien nie.
Saterdatmiddag het die president nuwe pleitstukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.
Hierin vra hy die hof se goedkeuring om sy oorspronklike aansoek te wysig.
Hy wil die hof nou vra om Madonsela se verslag heeltemal onwettig te verklaar.
Hy wil ook hê die hof moet die nuwe openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, gelas om alle getuienis op grond waarvan negatiewe afleidings teenoor hom gemaak word, aan hom te oorhandig.
Daarbenewens wil hy kans hê om vrae te vra aan al die getuies – iets wat reeds op 11 Oktober deur Madonsela aan hom belowe is.
Die herhaalde pogings deur die president om te keer dat inligting oor sy en sy familie se verhouding met die Guptas aan die lig kom, is reeds deur die DA beskryf as “Spioenasiebande 2”.
Dit kan dalk moontlik ''n herhaling wees van die jare lange litigasie deur Zuma om die dag uit te stel waarop hy homself op 783 aanklagte van korrupsie moet verantwoord.
Volgens Zuma het hy nie genoeg toegang gehad tot Madonsela se getuienis teen hom nie.
Die saak moet Dinsdag aangehoor word, maar hy het Vrydag die hof laat weet dat hy Dinsdag gaan vra dat die aansoek weer uitgestel word omdat hy nie genoeg tyd gehad het om daarvoor voor te berei nie.
Madonsela het hom destyds gevra om vrae aan haar te verskaf wat hy aan die getuies wil vra. Sy sal self die vrae aan die getuies stel.
“As die verslag finaal is, kan dit nie bekend gemaak word nie omdat ek nie geleentheid gehad het om administratiewe geregtigheid te laat geskied nie.
“Dit is onkonstitusioneel,” sê Zuma in ''n beëdigde verklaring wat gister ingedien is en wat Rapport onder oë gehad het.
Die aansoek word teengestaan deur die DA, wie se leier, Mmusi Maimane, die klaer is wat Madonsela gevra het om ''n ondersoek te doen na die verhouding tussen die Gupta-familie, Zuma en verskeie senior staatsamptenare.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie