'Zuma wil na Dubai ontsnap'
'Zuma wil na Dubai ontsnap'

'Zuma wil na Dubai ontsnap'

Korrespondensie tussen lede van die Gupta-familie en hul ­werknemers dui die ­Suid-Afrikaanse president se planne vir 'n 'tweede tuiste' aan.
­Korrespondensie tussen ­lede van die omstrede Gupta-familie en hul werknemers suggereer dat pres. Jacob Zuma dit oorweeg om die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) sy familie se “tweede tuiste” te maak.

Die korrespondensie, wat deel vorm van 'n groot versameling korrespondensie in besit van Netwerk24 se koerant, City Press, toon ook hoe die familie ministers en senior bestuurders van staatsbeheerde korporasies met geskenke oorlaai en tot watter mate hulle die staat in hul sakke het.

Die ongelooflikste inligting vervat in die e-posse is 'n konsepbrief van Zuma aan die kroonprins van die VAE. Dit vorm deel van 'n e-pos wat Sahara Computers se uitvoerende hoof, Ashu Chawla, aan Zuma se seun ­Duduzane gestuur het.

Daarin skryf Zuma: “Ek het goeie herinneringe aan ons ontmoeting in die VAE en die wonderlike gasvryheid en warmte teenoor my gedurende ons besoek. Dit is met hierdie sentiment dat ek bly is om u in kennis te stel dat my familie besluit het om die VAE ons tweede tuiste te maak. Dit sal 'n groot eer vir my en my familie wees om u beskerming (“patronage”) te verkry gedurende ons voorgenome verblyf in die VAE.”

City Press kon nie vasstel of dié brief ooit aan die kroonprins gestuur is nie.

Die koerant is ook in besit van korrespondensie waarin Gupta-werknemers 'n reis vir Matshela Koko, Eskom se uitvoerende hoof, na Dubai beplan het. Die reis, in Januarie verlede jaar, is gereël toe Koko uitvoerende groephoof van kragopwekking was en die Guptas besig was om die Optimum- steenkoolmyn van Glencore te koop met die hoop om steenkool aan Eskom te lewer.



REIS- EN VERBLYFKOSTE

Koko se reis- en verblyfkoste in die luukse Oberoi-hotel in Dubai is alles deur die Guptas betaal, luidens die korrespondensie. In 'n e-pos van 'n Oberoi-werknemer, Reya Pomar, aan Chawla, bevestig Pomar Koko se bespreking en instruksies om hom op die lughawe te haal en vra wie die rekening gaan ­betaal.

Chawla reageer: “Sahara sal die hele rekening betaal. Moet asseblief nie 'n kredietkaartwaarborg van die gas by aankoms vra nie.”

Die hotel bevestig ook dat 'n chauffeur gereed staan om Koko na 'n adres in die eksklusiewe Emirates Hills te neem. Die Guptas besit 'n huis ter waarde van R445 miljoen in dié voorstad. Die Oberoi-­hotel is 'n gunstelingblyplek van die Guptas en die president se seun, Duduzane, het ook vroeër dieselfde maand waarin Koko daar was, daar tuisgegaan.

Die e-posse in City Press se besit toon dat Dan Mantsha, voorsitter van die raad van Denel, ook die Guptas in Dubai besoek het. Sy reisreëlings is ook deur Chawla gemaak – op dieselfde dag as wat hy Koko se verblyf bespreek het.

Kort nadat Mantsha by Denel aangekom het, het hy ontslae geraak van Denel se uitvoerende hoof, Riaz ­Saloojee, en toe begin werk aan 'n samewerkingsooreenkoms tussen Denel en die Gupta-­maatskappy VR Laser.

Nog iemand wie se verblyf by die Oberoi deur die Guptas betaal is, is Mosebenzi Zwane, wat in September 2015 as minister van minerale bronne aangestel is. In Desember daardie jaar het die Guptas vir hom 'n kamer in die Oberoi bespreek en ook 'n BMW 7-reeks gehuur om Zwane van die lughawe na hul huis in die Emirates Hills te neem.

Zwane is ook die man wat die Guptas saam met hulle na Switserland geneem het om Glencore se grootbaas, Ivan Glasen­berg, te oorreed om Optimum aan hulle te verkoop. Uit die e-posse is dit duidelik dat die familie Zwane so te sê as hul private eiendom beskou.

Een van die e-posse is van JP Arora, uitvoerende hoof van die Guptas se JIC Mining Services, aan die Gupta-broers se neef, Kamal Singhala, en ­Ronica Ragavan, uitvoerende hoof van Oakbay. Daarin nooi Arora hulle en hul gades na 'n “private – slegs op uitnodiging” – aandete met Zwane tydens die 2016-mynindaba in Kaapstad.

In nog 'n e-pos van Chawla bevestig hy die passasierslys vir 'n reis in Desember 2015 op die Guptas se private Boeing-sakestraler, ZSOAK, na Zürich via Delhi.

Die sewe passasiers sluit in Zwane, en drie bemanningslede. Ook op die vlug was Rajesh Gupta, hul sakevennoot Salim Essa en ­Maleatlana Joel Raphela, adjunkdirekteur-generaal van regulasies in die departement van minerale bronne.



ZWANE SE CV

Die e-posse bevat ook korrespondensie wat dui op die Guptas se moontlike rol in die aanstelling van Zwane as minister van minerale bronne. Op 31 Julie 2015 – twee maande voor Zwane aangestel is – skryf Oupa Mokoena van Koena Consult­ing en Property Developers van Zwane se tuisdorp, Vrede, aan Tony Gupta: “Bevestig asseblief die CV van mnr. Mosebenzi Zwane vir u aandag.”

In 'n e-pos in Februarie 2016 van Nazeem Howa, voormalige uitvoerende hoof van Oakbay, waarin hy 'n vraag van die media verwag oor ­Zwane se betrokkenheid by die berugte voorval in 2013 toe 'n Gupta-vliegtuig vol bruilofsgaste op die Waterkloof-lugmagbasis geland het. Howa skryf aan Duduzane Zuma en Tony Gupta: “Ek het hulp nodig met sommige van die antwoorde.

“Ek dink ons moet ook voorberei vir 'n vraag (van die media) oor sy (Zwane se) rol rondom die Waterkloof-landing.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.84/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.84/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%