Zuma sit agter ATM
Zuma sit agter ATM

Zuma sit agter ATM

Oudpres. Jacob Zuma en die land se grootste swart Messiaanse kerke wat saam miljoene lidmate het, sit agter die stigting van die nuwe politieke party, die African Transformation Movement (ATM).

Die ATM is reeds in Junie verlede jaar, sonder groot fanfare, gestig ná ’n vergadering vroeg in Mei van verskeie Zuma-ontevredenes by ’n hotel in Umhlanga Rocks. Zuma was self by hierdie vergadering.

Verskeie kerkleiers wat Zuma goedgesind is en sy derde vrou, Tobeka Madiba-Zuma, het destyds die stigting van ’n nuwe party bepleit toe dit duidelik word dat pres. Cyril Rama­phosa gaan optree teen Zuma en sy medestaatskapers, het ’n onberispelike bron in Luthuli-huis die afgelope week aan Netwerk24 gesê.

Mandisa Mashiya, nasionale voorsitter en amptelike woordvoerder van die ATM, het Vrydag erken dat die party gestig is met steun van die Raad van Messiaanse Kerke, ’n liggaam waarvan vier van die land se grootste kerke lede is.

“Ja, die Raad van Messiaanse Kerke het die ATM gestig, net soos die kerke 107 jaar gelede die ANC gestig het,” het Mashiya gesê. Sy sê egter geen van die individuele kerke was direk betrokke nie.

Dié raad het in 2016 tot stand gekom as teenvoeter vir die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), wat destyds kwaai teen Zuma en die korrupsie onder sy bewind te velde getrek het. Die grootste Messiaanse kerke was bitter ontsteld omdat die SARK deelgeneem het aan die burgerlike veldtog wat Zuma se bedanking geëis het.

Die Messiaanse kerke is verreweg die grootste kerkgroep in die land. Volgens Statistieke Suid-Afrika se 2016-syfers is een uit vier gelowige Suid-Afrikaners ’n lidmaat van een van dié kerke.

Die kerke sluit onder meer in die Twaalf Apostels in Christus; die Bantu Church of Christ, wie se leier, biskop John Bolana, met Zuma bevriend is; die Ebuhleni-faksie van die Shembe-kerk, wat as die grootste kerk in KwaZulu-Natal beskou word en ten minste nog twee Messiaanse kerke.

Sommige van die Messiaanse kerkleiers het ook al vir Zuma in Durban en Pietermaritzburg gaan ondersteun tydens sy hofverskynings op aanklagte van korrupsie en omkopery.

In Luthuli-huis word bespiegel dat die ATM beplan om Zuma se regskoste te help dra, het Rapport se bron gesê.

Die nuwe party het die afgelope week sterk op die voorgrond getree toe die omstrede Mzwanele (Jimmy) Manyi by die party aangesluit het. Manyi, wat onlangs misluk het in sy poging om die Guptas se mediabelange, waaronder die koerant The New Age, te red, is ’n uitgesproke Zuma-ondersteuner.

“Die aankondiging van Manyi, een van Zuma se mees charismatiese volgelinge, is fyn beplan om die nasionale bekendstelling van die ATM te wees. Die vooraf beplanning is egter deeglik gedoen,” het Rapport se bron in Luthuli-huis gesê.

Volgens Mashiya geniet die ATM veral sterk steun in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. “Ons het in al die provinsies bekendstelling-saamtrekke gehou, maar ons het vier saamtrekke in die Oos-Kaap gehou omdat ons sulke sterk steun in dié provinsie het,” sê sy.

Manyi is volgens haar in hierdie stadium lid van die party se uitvoerende komitee.

“Ons het nog geen partykongres gehou nie, want daar is nie nou tyd daarvoor nie. Ons sal eers ná die verkiesing kongres hou en formeel leiers aanwys en beleidsbeginsels formuleer.

“Ons gaan egter in al die provinsies en nasionaal aan die verkiesing deelneem. Ons is gereed om ons kandidatelyste by die Onafhanklike Verkiesingskommissie in te dien sodra die verkiesing geproklameer word,” sê sy.

’n Voormalige ANC-leier en ’n leiersfiguur in een van die kerke sê die nuwe party gaan waarskynlik ’n konserwatiewe beskouing hê. Hy sê die Messiaanse kerke is uiters ongemaklik oor kwessies soos gayregte en aborsie en sal waarskynlik die party gebruik om hul stem hieroor te laat hoor.

“Hulle word daarin gesteun deur die tradisionele leiers en geniet sterk steun van die Kongres van Tradisionele Leiers (Contralesa).”

Hy sê hy is genader om die nuwe party te steun, maar het dit van die hand gewys – onder meer oor sy ongemak oor die party se Zuma-bande.

Manyi het hom ná sy aankondiging Woensdag sterk ten gunste van die herinstelling van die doodstraf uitgespreek. Ook dit strook met die standpunte van die Messiaanse kerkleiers.

Mashiya het teenoor Rapport bevestig dat die ATM reeds twee formele vergaderings met Contralesa gehad het.

“Ons verwag om aansienlike steun van hulle te kry, veral in KwaZulu-Natal, waar tradisionele leierskap ’n groot rol speel,” sê sy.

Die politieke ontleder Ralph Mathekga sê daar is beslis ruimte vir ’n kerklik geïnspireerde politieke beweging op die Suid-Afrikaanse politieke landskap.

“Suid-Afrika is ’n diep Christelike land, ’n feit wat nie weerspieël word in ons politiek nie. Die African Chris­tian Democratic Party (ACDP) vervul nie werklik dié rol nie. Mathekga sê die ATM sal beslis genoeg steun kry om ’n paar parlementêre setels te wen en het die vermoë om steun by sowel die EFF as die ANC af te rokkel. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.77/OZ DOWN -0.006 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.014 | Zinc US$ 2 803.90/T DOWN -1.06% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 909.94/OZ DOWN -0.0119 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.77/OZ DOWN -0.006 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.014 | Zinc US$ 2 803.90/T DOWN -1.06% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 909.94/OZ DOWN -0.0119