Zuma se salaris kan tot R3,9 miljoen styg
Alicestine October - Pres. Jacob Zuma en wie ook al die volgende president gaan wees, se salaris kan na verwagting oor die volgende drie jaar tot R3,9 miljoen toeneem.
Dit is meer as 30% van wat hy nou verdien.
LP’s, regters, premiers en burgemeesters het in die huidige boekjaar geen verhogings ontvang nie, wat beteken dat belastingbetalers meer as R100 miljoen spaar.
Zuma se salaris is tans nagenoeg R2,9 miljoen per jaar.
Die tesourie se beramings vir nasionale besteding oor die volgende drie boekjare wys die president se salaris kan van R3,4 miljoen in die komende boekjaar tot net onder R4 miljoen toeneem teen die boekjaar 2019-’20.
Luidens die begrotingsdokument styg die begroting vir regsdienste vir die presidensie (insluitend die adjunkpresident se kantoor) van R3,7 miljoen vanjaar tot nagenoeg R5,5 miljoen oor drie jaar.
Die begroting vir konsultante, veral adviesdienste, gaan ook van R7,5 miljoen in die huidige boekjaar tot nagenoeg R9,5 miljoen toeneem.
Opposisiepartye soos die VF Plus het in die lig van die Nkandla-sage gesê Zuma verdien nie die salaris wat hy kry nie en dat dit eerder tot R1 verminder moet word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie