Zuma onttrek op laaste nippertjie van Davos
Zuma onttrek op laaste nippertjie van Davos

Zuma onttrek op laaste nippertjie van Davos

Estelle de Bruyn
President Jacob Zuma gaan nie vanjaar die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarlikse beraad in Davos, Switserland, bywoon nie.

’n Rekordgetal van 3 000 politici, sakelui en mense uit die burgerlike samelewing word van 17 tot 20 Januarie by die Switserse ski-oord Davos verwag.

Dié jaarlikse dinkskrum van die wêreld se elite word as van die duurste en gewildste praatsessies op die sakekalender beskou.

Suid-Afrika stuur gewoonlik ’n sterk afvaardiging van ministers, amptenare en sakelui – wat gewoonlik deur die president gelei word – met die doel om regstreekse buitelandse investering na die land te lok en bande te bou. In 1999 het oudpres. Nelson Mandela ook die beraad bygewoon.

Zuma het verlede jaar se beraad bygewoon.

Die presidensie het Vrydag gesê adj.pres. Cyril Ramaphosa gaan vanjaar Suid-Afrika se afvaardiging lei. Daar is nie redes gegee waarom Zuma nie vanjaar Davos toe gaan nie.

Die afgelope jare het Suid-Afrika gesukkel om ’n koherente boodskap by die jaarlikse beraad oor te dra, met veral Zuma se rympie van “Suid-Afrika is oop vir besigheid” wat ’n toenemende vals noot gekry het.

Van die ministers wat Ramaphosa gaan vergesel, is Pravin Gordhan, minister van finansies, dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid en Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling.

Die tema van vanjaar se beraad is deelnemende en verantwoordelike leierskap en die vier uitdagings waarop gefokus gaan word is: om internasionale samewerking anders te benader, hoe om die wêreldekonomie nuwe lewe te gee, hoe om kapitalisme te hervorm en voorbereiding vir die vierde nywerheidsrevolusie. – Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!