Zonnika Cilliers presteer as SA grootkampioen

Perdesport

16 May 2019 | Sport
By die onlangse 2019 Suid-Afrikaanse nasionale saalperdkampioenskap in Bloemfontein het Namibiese deelnemers uitstekend gevaar.

Die jaarlikse kampioenskap is die grootste opelug saalperdskou ter wêreld waartydens vier beoordelaars, twee van Amerika en twee van Suid-Afrika, die beoordeling behartig. Met meer as 850 perde en ruiters in verskillende katogorieë het deelnemende Namibiërs ten spyte van baie reën en uiters nat toestande bewys dat daar met hulle rekening gehou moet word.

Namibiërs wat deelneem, moet lede wees van die Namibiese Saalperdvereniging as ’n affiliaal van die moederliggaam in Suid-Afrika. Perde en ruiters moet eerstens by streekskoue kwalifiseer om aan die SA kampioenskap te mag deelneem. Net die room dring dan deur tot die Groot Kampioenskap op die laaste twee dae van die skou.

Zonnika Cilliers (15) van Windhoek was die groot bron van trots toe sy Saterdagaand tydens die “grand finale” met haar perd Vissershof Dark Emperor met die SA grootkampioen driegang kinderryperd-titel bekroon is. Dit is vir die Namibiese saalperdgemeenskap ’n baie groot prestasie.

Timothy Liebenberg (16) van Otjiwarongo het ook Namibië se naam hoog gehou met sy perd Sable Kingston wat bekroon is as die SA reserwe grootkampioen driegang kinder parkperd.

In alfabetiese orde was die Namibiërs se uitslae soos volg:

ANNE-LÉ BADENHORST (The Big Hunk)

5de: Kampioen leiriem stap/draf ruiterkuns – ruiters 7 en jonger.

8ste: Kampioen lei-riem stap/draf kinderryperd – 7 en jonger.

ELMARIE CILLIERS (Head of State)

8ste: SA Amateur driegang grootkampioenskap.

2de: Kampioen driegang M/R vertoon deur ’n man of vrou.

ZONNIKA CILLIERS (Dark Emperor)

1ste: SA grootkampioen driegang kinderryperd

2de: Kampioen driegang kinderryperd – ruiters 16 en jonger

AMORÉ MOLLER

6de: SA grootkampioen vyfgang kinderryperd (Chosen One)

5de: Kampioen vyfgang kinderryperd – ruiters 16 en jonger (Chosen One)

3de: Kampioen driegang kinderryperd – 16 en jonger (Tiger Star)

BIANCA MOLLER

4de: SA grootkampioen vyfgang kinderryperd (Nites Contender)

1ste: Kampioen vyfgang kinderryperd - ruiters 16 en jonger (Nites Contender)

2de: Kampioen vyfgang natuurlike maanhaar en stert – 18 en jonger (Nites Contender)

6de: SA Grootkampioen vyfgang kinder plesierperd (Crocodile Toy)

5de: Kampioen vyfgang plesierperd – 18 en jonger (Crocodile Toy)

4de: Kampioen vyfgang plesierperd ruiterkuns – 18 en jonger (Crocodile Toy)

5de: SA Grootkampioen driegang kinder parkperd (My Country Night)

8ste: Kampioen driegang kinder parkperd – 18 en jonger (My Country Night)

2de: Kampioen driegang natuurlike maanhaar en stert – 18 en jonger (My Country Night)

TIMOTHY LIEBENBERG

2de: SA grootkampioen driegang kinder parkperd (Sable Kingston)

6de: Kampioen driegang kinder parkperd – ruiters 18 en jonger (Sable Kingston)

4de: Kampioen driegang natuurlike maanhaar & stert – 18 en jonger (Sable Kingston)

2de: SA Kampioen siertuig plesierperd – 18 en jonger (Rimini African Sunset)

3de: Kampioen vyfgang plesierperd ruiterkuns – 18 en jonger (One & Only)

4de: Kampioen vyfgang plesierperd – 18 en jonger (One & Only)

5de: SA grootkampioen vyfgang kinder plesierperd (One & Only)

6de: Kampioen driegang plesierperd ruiterkuns – 18 en jonger (Rimini African Sunset)

7de: Kampioen driegang kinderryperd – 16 en jonger (Fifty Shades of War)

HANDRE VISSER (Black Diamond)

2de: Kampioen driegang ruiterkuns – ruiters 14 en jonger

5de: Kampioen driegang kinderryperd – 14 en jonger

8ste: SA grootkampioen vyfgang kinder plesierperd (Juantha New Style)

2de: Kampioen vyfgang plesierperd ruiterkuns – 14 en jonger (Juhantha New Style)

5de: kampioen Vyfgang kinder plesierperd – 14 en jonger (Juhantha New Style)

7de: Kampioen Driegang kinder parkperd – 14 en jonger (French Legend)

MAREZA VISSER

8ste: SA Grootkampioen Vyfgang natuurlike maanhaar en stert (Striking Touch)

2de: Kampioen vyfgang natuurlike maanhare en stert (Striking Touch)

4de: Kampioen vrou vyfgang (Striking Touch)

7de: Kampioen amateur vrou driegang parkperd (French Legend)

2de: Kampioen mans driegang parkperd (Premier Sultan vertoon deur Charl Oosthuyzen)

MARZAAN VISSER

1ste: Kampioen stap/draf plesierperd ruiterkuns – ruiters 10 en jonger (Juhantha New Style)

1ste: Kampioen stap/draf kinder plesierperd – 10 en jonger (Juhantha New Style)

3de: Kampioen stap/draf ruiterkuns – 10 en jonger (Black Diamond)

7de: Kampioen stap/draf kinderryperd – 10 en jonger (Black Diamond)

Die Namibiese Saalperdvereniging gee graag erkenning aan Namibiese telers wie se teling of nageslag van hul teling goed presteer het in Bloemfontein en wens ook vir Madelene Cowley baie geluk met die prestasies van “Rimini African Sunset”.

Ook merkwaardig was die prestasies van vullens van “Magic-Model Highland Joe” wat onder meer vyf 1ste plasings, een 3de plasing, twee SA Kampioen- en een SA Grootkampioen-titel ingepalm het. Die Namibies geteelde “Highland Joe, himself” is ’n viermalige SA grootkampioen siertuigperd, geteel deur Johan Pretorius van Grootfontein.

Die gehalte van perde en ruiters beloof baie skouspelagtige klasse en opwindende kompetisie tydens die beplande Namibiese saalperdskoue. Die Namibiese Saalperdvereniging is opgewonde oor die komende streekskou-seisoen waarvan die eerste op 16 en 17 Augustus in Windhoek sal plaasvind.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....