Zondo-beampte wil glo Gavin Watson se BMW sien
Zondo-beampte wil glo Gavin Watson se BMW sien

Zondo-beampte wil glo Gavin Watson se BMW sien

Christiaan du Plessis - Een van die ondersoekers van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het glo gevra om toegang te kry tot die BMW wat Gavin Watson gewoonlik bestuur het.

Watson, omstrede grootbaas van Bosasa, het die naweek voor sy dood dié BMW by die maatskappy se kantore in Krugersdorp gelos.

Watson het ’n Toyota Corolla uitgeteken waarin hy op 26 Augustus omstreeks 05:00 by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park verongeluk het.

Tania Oosthuizen, een van die likwidateurs van Bosasa, het Woensdag aan Netwerk24 bevestig dat ’n ondersoeker van die Zondo-kommissie in ’n e-pos toegang tot die BMW versoek het.

“Ek wil nie te veel daaroor sê nie,” sê Oosthuizen.

Jared Watson, ’n broerskind van Gavin Watson, meen die ondersoeker se versoek dui daarop dat die Zondo-kommissie daarin belangstel om meer oor die omstandighede rakende Watson se dood uit te vind.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, het nie dadelik op navrae gereageer nie.

Jared sê die familie vermoed steeds, vir verskeie redes, dat ’n misdaad in verband met Watson se dood gepleeg is.

Die private patoloog wat die familie aangestel het vermoed volgens Jared dat Gavin se hart reeds voor die ongeluk gaan staan het.

Hoewel Gavin se beserings aan die ongeluk toegeskryf kan word, sou daar baie meer bloed wees as hy daartydens nog gelewe het, het die patoloog glo bevind.

Die toksikologieverslag is nog uitstaande.

Netwerk24 het vroeër berig die familie kon met behulp van ’n veiligheidsmaatskappy bepaal dat Watson se selfoon, ure ná sy dood, tussen Germiston en Bryanston, beweeg het.

“Dit is onwaarskynlik dat ’n hawelose mens die selfoon gesteel en dan Gavin se beursie op die toneel gelos het,” sê Jared.

Die laaste keer dat Watson se profiel op WhatsApp aanlyn was, was omstreeks 04:27 die oggend.

Dit is nog onduidelik wat Watson die oggend by die lughawe gemaak het. Niemand het nog na vore gekom om te sê hy sou Watson daar ontmoet nie, sê Jared.

Volgens hom is die tyd van Watson se dood ook verdag.

Watson sou die volgende dag voor ’n ondersoek van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens na die belastingsake van Bosasa getuig.

Bosasa het na bewering miljoene rande se omkoopgeld aan regeringsamptenare betaal in ruil vir winsgewende kontrakte van die regering.

Die polisie se ondersoek na Watson se dood duur voort. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!