Zimbabwiërs twiet weer ná sluiting
Zimbabwiërs laat weet op Twitter dat hulle weer toegang tot die internet het nadat die internet Woensdag afgeskakel is te midde van grootskaalse betogings in die hoofstad, Harare.
Strive Masiyiwa, stigter van die telekommunikasiegroep Econet, het Woensdag bevestig dat die regering hom beveel het om Zimbabwiërs se internettoegang af te sny.
Dié maatskappy sê hy moes die internet afskakel omdat dit volgens wet van hom verwag word.
Die maatskappy meen die situasie is buite sy beheer en hy hoop Zimbabwiërs verstaan.
Zimbabwiërs het nadat die internettoegang herstel is op Twitter beklemtoon hoe belangrik dit vir hulle is. Een Twitter-gebruiker het dit as hul “noodlyn” bestempel.
Sy sê Zimbabwiërs kla nie omdat hulle nie toegang tot Instagram het nie, maar liewers omdat die internet ’n bron van inligting en kommunikasie is.
BRANDSTOFPRYS
Thando Mbedzi, wat haarself as ’n “moeë belastingvennoot” in Zimbabwe beskryf, sê haar ouers het laat weet dat die weermag mense gister om 06:00 steeds uit hul huise verwyder het.
Simeon Mawanza, wat homself as ’n Zimbabwe-aktivis beskryf, sê dit is hoogtyd dat die leiers verantwoordelikheid aanvaar en nie “hekse” vir hul probleme blameer nie.
Onluste in Zimbabwe het Maandag begin opvlam nadat ’n verhoging van 150% in die prys van brandstof die naweek aangekondig is.
Dit is hoofsaaklik weens ’n tekort aan brandstof en buitelandse valuta, veral die Amerikaanse dollar.
Daar word gevrees dat die tekorte tot die totale ineenstorting van die ekonomie kan lei. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie