Zimbabwe voltooi 5-0 reekssege

14 January 2019 | Sport
Zimbabwe se vrouekrieketspan het 'n suksesvolle toer afgesluit toe hy die internasionale T20-reeks teen Namibië op Walvisbaai met 5-0 beklink het.

In die vyfde wedstryd Donderdag by die Sparta-veld het die Namibiërs met die kolf hul kleinste totaal in die reeks opgestel en het hul twintig boulbeurte op net 60 almal uit afgesluit.

Dié teiken het Zimbabwe maklik verbygesteek vir 'n oorwinning met nege paaltjies en die helfte van hul boulbeurte ongebruik.

Met die heel eerste bal van die beurt is Adri van der Merwe vir 'n nulletjie uitgevang. Die res van dioe toporde kon ook nie hond haaraf maak nie met die vertrek van kaptein Yasmeen Kahn (2), Arrasta Diergaardt (4) en Roché Venter (9) wat die span op 18/4 laat steier het.

Sune Wittmann (21 van 29 balle, 2x4) en Kayleen Green (12 van 34 balle) het kortstondig weerstand gebied met 'n vennootskap van 37 lopies, maar nog 'n ewe dramatiese ineenstorting het op Wittmann se vertrek gevolg toe die volgende vyf paaltjies vir die byvoeging van net vyf lopies gekom het.

Nomatter Mutasa was Zimbabwe se beste bouler, met vier paaltjies vir nege lopies in vier boulbeurte, terwyl Precious Marange 3/5 in haar vier boulbeurte geneem het.

Zimbabwe het net die paaltjie van Modester Mupachikwa verloor toe sy op 4 van Namusha Shiomwenyo se boulwerk uitgevang is. Daar was egter egter geen verdere senuagtigheid terwyl Precious Marange (32 nie uit nie van 31 balle, 4x4) en Chipo Tiripano (13 n.u.n.) die besoekers na 'n oorwinning geneem het nie.

Shiomwenyo was Namibië se enigste bouler wat 'n deurbraak kon maak, met 1/22 in 3.3 boulbeurte.



WEDSTRYD 4

Die Zimbabwiërs het wedstryd nommer 4 met 69 lopies oorheers, wat aangedui het dat hulle die oorhand oor die tuisspan verkry het.

Die besoekers het dié keer eerste gekolf en 'n stewige 150/2 opgestapel. Die totaal was gebou op 75 nie uit nie van die aanvangskolwer Modester Mupachikwa, wat net 63 balle nodig gehad het en tien grenshoue geslaan het.

Silvia Shihepo het die vroeë deurbraak gemaak om Precious Marange vir 'n nulletjie te laat uitvang en Eveleen Kejarukua het deurgebreek om Chipo Tiripano (16 van 14 balle) skoon te boul, maar Mupachikwa het 'n nuwe kolfvennoot in Mary-Anne Musonda gevind, wat onoorwonne op 45 (39 balle, 4x4) geëindig het.

In die Namibiese kolfbeurt van 81 almal uit het die paaltjies met reëlmaat geval, met die enigste ligpunte die aanvangskolwer Adri van der Merwe se 28 lopies van 38 balle (2x4), nommer drie Yasmeen Khan se 17 van 30 balle (1x4) en nommer ses Suné Wittmann se 16 van 17 balle (2x4).

• Die Namibiese afrigter Christopher Coombe, sê die tuisspan se spelers is baie jonk en het gedurende die reeks gestreef om op fyner besonderhede van hul spel in kolf-, boul- en veldwerk te verbeter.

“Zimbabwe het veel meer ondervinding op 'n hoër vlak as ons en namate die reeks gevorder het, het hulle die aanpassings gemaak en hul spelpeil gelig om ons meer en meer onder druk te plaas.

“Wanneer ons gedissiplineerd bly, is ons 'n goeie boulspan, maar ons kan steeds baie op al drie aspekte van ons spel verbeter.”

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

16 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

16 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

16 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

16 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

16 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

16 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...