Zimbabwe in Julie na stembus
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het aangekondig dat die land se algemene verkiesing op 30 Julie sal plaasvind, berig ZWNews.
Dit sal die eerste verkiesing wees nadat oudpres. Robert Mugabe in November onder dwang die tuig neergelê het.
Mnangagwa het die aankondiging gisteroggend gedoen.
“Maandag 30 Julie 2018 is die dag waarop verkiesings vir 'n president, lede van die Nasionale Vergadering en raadslede gehou sal word,” het Mnangagwa in 'n proklamasie in die Staatskoerant gesê..
Mnangagwa was eens op 'n tyd die regterhand van die 94-jarige Mugabe. Mnangagwa het die veteraanleier ná byna vier dekades aan die stuur van sake in Zimbabwe opgevolg nadat die Zimbabwiese weermag in 'n kortstondige, bloedlose staatsgreep die strate en strategiese sleutelpunte beset het.
Een van Mnangagwa se teenstanders is die 40-jarige Nelson Chamisa van die hoofopposisieparty, Movement for a Democratic Change, berig eNCA.
Mnangagwa het Maandag gesê hy is verbind tot 'n vry en regverdige verkiesing.
Daar is minstens 5,5 miljoen geregistreerde kiesers in Zimbabwe.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie