Zimbabwe gereed vir uitvoere
Zimbabwe gereed vir uitvoere

Zimbabwe gereed vir uitvoere

Zimbabwe se nuwe president het gister sy eerste besoek aan Namibië gebring.
Jemima Beukes
Jemina Beukes - Zimbabwe is gereed om sy eie geldeenheid in te stel en uitvoere na die res van Afrika en die wêreld uit te brei in ‘n poging om wat eens “die broodmandjie van Suider-Afrika” was, te herbou.

Dit was die boodskap van Zimbabwe se nuwe president, mnr. Emmerson Mnangagwa, wat in November die leisels in sy land oorgeneem het nadat ‘n bloedlose, militêre “staatsgreep” pres. Robert Mugabe in November 2017 ontsetel het.

Mnangagwa het gister besoek aan pres. Hage Geingob in Windhoek gebring. Hy het die Namibiese staatshoof meegedeel dat die oorgangsproses in Zimbabwe vlot verloop het en dat hy dit sy plig ag om sy seniors in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) oor die onlangse politieke verwikkelings in sy land in te lig.

Mnangagwa het ná sy ontmoeting met Geingob aan plaaslike media gesê Zimbabwe is nou vir die eerste keer in dekades selfvoorsienend wat voedsel betref.

“Ons het voldoende voedselsekerheid in Zimbabwe, ons het inderwaarheid ‘n oorskot. Ons sal nou fokus op die uitvoer van sommige produkte wat ons in ons land produseer. Ons kan mielies, tabak, katoen en vrugte uitvoer,” het hy gesê.

Volgens hom het die Namibiese regering ‘n lys items voorgelê wat hy van Zimbabwe wil invoer.

“Ons is besig met die organisasie van produksie, bemarking asook logistiek vir die vervoer van hierdie produkte na Namibië. Ons as Zimbabwiërs is van mening dat dit noodsaaklik is om eers na die interne SADC-mark te kyk voordat ons dit elders begin doen,” het hy gesê.

Mnangagwa het bespiegelinge ontken dat sy land van voorneme is om by die Suider-Afrikaanse Doeane-unie aan te sluit, en ook dat Zimbabwe van voorneme is om die Suid-Afrikaanse rand as sy geldeenheid te aanvaar.

“Dit is wel korrek dat toe die Zimbabwiese geldeenheid in duie gestort het, ons ‘n wisselkoersmandjie geskep het. Ons is egter van mening dat dit noodsaaklik vir Zimbabwe is om met ons eie geldeenheid vorentoe te gaan. Om dit te kan doen, moet ons sekere fundamentele grondbeginsels ingestel hê, maar dit sal beslis nie die rand wees nie,” het Mnangagwa gesê.

Hy het beklemtoon dat sy regering se hooffokus die ontwikkeling van die ekonomie en die verbetering van die lewensomstandighede van die Zimbabwiese volk is.

“Ons het van al SADC se lidlande en lande van elders positiewe seine van samewerking ontvang,” het hy gesê.

Voor sy besoek aan Namibië het Mnangagwa ook besoeke aan Suid-Afrika en Angola se staatshoofde gebring om hulle oor die onlangse veranderinge in sy land in te lig.

“Soos dit die geval met ons Afrika-kultuur is, sal ons voortgaan om die nalatenskap van oudpres. Robert Mugabe te respekteer en behou. Ons sal na hom omsien, en hom veiligheid en gemak bied waar moontlik. Hy is ons stigterpresident, vader van die nasie en ‘n ikoon van Afrika-politiek, asook ‘n rewolusionêr. Dit is hierdie erflating wat ons vasberade is om te behou,” het hy gesê.

Mnangagwa het om omstreeks 09:30 in Namibië aangekom waarna hy en sy afvaardiging na die gastehuis by Staatshuis is.

Vandaar is hy na Staatshuis waar hy om 11:00 deur pres. Hage Geingob verwelkom is. Mnangagwa en Heingob het daarna ‘n private gesprek gevoer waarna die amptelike bilaterale samesprekings om 12:00 begin het.

Gistermiddag is hy na die Safari Hotel en Konferensiesentrum waar hy ‘n ontmoeting met die Zimbabwiese sakegemeenskap in Namibië gehad het. Hy het weer gistermiddag van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vertrek waar die Zimbabwiese ambassadeur in Namibië, me. Rofina Chikava, van hom afskeid geneem het. Dit was nie ‘n staatsbesoek nie; wel ‘n werksbesoek. - Namibian Sun/bygewerk

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%