Zim: Klad op SADC en AU se naam
Van geëerde en gerespekteerde bevrydingstrydheld, tot die man wat sy land oor die ekonomiese afgrond geadministreer het, tot beskuldigde wat waarskynlik uiteindelik tereg sal moet staan op wandade teen die mense van Zimbabwe – dís Robert Mugabe in 'n neutedop.
Ná die euforie in Zimbabwe het die skok Sondagaand gekom toe Mugabe verseg om die tuig neer te lê. Hy het bloot “kennis geneem van probleme”.
Die man is stokoud, sukkelend en met tye tydens die mediakonferensie verward.
'n Groot mate van skuld moet voor die deur van die SADC en die Afrika-unie gelê word, wat hulle vir dekades blind gehou het vir die Mugabe-vergrype, menseregteskendings en die wyse waarop hy en sy familie hulself ten koste van die land se ekonomie en mense verryk het.
Die AU en SADC was deurlopend verskonend vir Mugabe en het 'n beskuldigende vinger na die internasionale gemeenskap se sanksies vir die land se ellende gewys.
Mugabe het deurgaans gesê hy sal gaan as die mense van die land hom nie meer wil hê nie. Selfs in die doodsnikke van sy bewind kon hy nie sy woord gestand doen nie.
Die derduisende mense wat Saterdag in die strate van Harare teen sy bewind betoog het en plakkate omhoog gehou het waarin dit duidelik uitgespel word: “Mugabe must go”, kon nie die boodskap by hom tuisbring dat hy nie meer in die staatshuis welkom is nie.
Dit behoort 'n dure les vir die SADC en die AU te wees.
So sê ander
Zimbabwe Herald
20 November 2017
Exorcising the ghost of silence
Martin Luther King Jnr. once remarked that: “The greatest tragedy of our time is not the few who have destroyed, but the vast majority who sat idly by.”
Some individuals were known to be formidable fiefdoms; their centres of power, real or imagined, were ensconced in the belief that no one would dare raise a voice against them.
They were sacred cows who could not be milked; even to feed the starving masses.
Because of their clout these demi-gods could impose their cronies on the gullible masses and force them to vote them into office. Yet no one said anything about it. Where were all the dissenting voices gone?
When a spade is called a spade and not a garden tool, as the people's army has done, then all the other tools will also brace themselves for exposure. All the heinous crimes perpetrated on the physical, emotional and economical discourses through political deification, if proven, should be brought to book.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie