Zambezi plek-plek oor sy walle
Tanja Bause - Die vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het volgens die jongste vloedbulletin van die Namibiese hidrologiese dienste op 23 Maart op 5,70 meter gestaan. Dit is hoër as normaal en ook hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Zambezi-vloedvlaktes is ook oorstroom, terwyl nog vloede volgens die bulletin verwag word. Die Muchenje River Lodge wat huidig onder konstruksie is, is ook onder water nadat die Zambezirivier sy walle oorstroom het. Die Island View Lodge wat langsaan geleë is, is egter nog nie oorstroom nie, hoewel die water gelyk met die rivierbank is. Ook die kampeerplekke en oprit na die Kalizo-lodge is oorstroom. Dié lodge is toe vir herstelwerk en werkers word per boot na en van die lodge vervoer. Al drie die lodges is in die Kalimbeza-gebied in die Zambezistreek geleë.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie