Ystee: Nou gaan ons Bos!
Nellie Brand-Jonker
Nellie Brand-Jonker - Die Suid-Afrikaans geskepte rooibosystee-reeks van Bos Brands gaan nou deur die genoteerde Rhodes Food Group (RFG) versprei word en verwag dat sy markaandeel kan verdubbel.
Die Stellenbosse beleggingsmaatskappy Remgro hou deur sy waagkapitaalonderneming Invenfin 'n groot belang in Bos, wat in 2010 bekend gestel is en 'n omwenteling in die plaaslike ysteemark veroorsaak het.
Rhodes is een van Suid-Afrika se groot voedselmaatskappye en het handelsmerke soos Rhodes en Bull Brand.
Will Battersby, die besturende direkteur van Bos Brands Suid-Afrika, het gesê die ooreenkoms behels dat RFG die verkope en verspreiding van die hele Bos-reeks van Maart vanjaar af in Afrika gaan behartig.
Battersby het gesê daarmee begin Bos 'n nuwe hoofstuk in sy strewe om die grootste verkoper in die ysteemark van Suid-Afrika te word.
Bos kry deur RFG toegang tot meer as 10 000 afsetplekke, dubbel hul huidige reikwydte.
Sowat 70% van Bos se verkope vind tans plaas deur die kleinhandelsektor en die res word deur restaurante, koffiewinkels en by skole verkoop.
Battersby sê die grootte van die plaaslike ysteemark word op ongeveer R900 miljoen geraam. Volgens hom is Bos se markaandeel 12% in die kleinhandelsektor.
“Ons glo egter dat die vennootskap met RFG dit moontlik sal maak om die langtermynteiken van 'n 25%-markaandeel te bereik,” sê hy.
Die ooreenkoms met RFG om sy voetspoor in Suider-Afrika te vergroot kom op dieselfde tyd wat Bos Brands sy veldtog in die internasionale markplek uitbrei.
Bos het sy ystee in 2014 in Wes-Europa bekend gestel deur op die rakke van groot kleinhandelaars soos Albert Heijn, Jumbo en Carrefour plek te kry. Kantore is ook in Amsterdam en Parys geopen.
Teen die einde van verlede jaar het die maatskappy sy deure geopen in San Diego in Kalifornië om in 2018 in die weskusstreek van Amerika bekend gestel te word. Dit is die grootste ysteemark in die wêreld met jaarlikse verbruik van meer as 22 liter per capita.
Dave Evans, uitvoerende hoof van Bos Brands, sê die verspreidingsooreenkoms met RFG in Suid-Afrika is deel van hul reis om 'n internasionale handelsmerk op te bou.
Die verspreidingsooreenkoms met RFG sal verdere sinergieë tussen die twee maatskappye meebring en skep 'n belangrike geleentheid vir groei vir beide, lui 'n verklaring.
Bruce Henderson, RFG se uitvoerende hoof, sê in die verklaring hulle het sedert Bos begin het, 'n groot bewondering vir die handelsmerk.
Bos is bekend vir sy kleurryke verpakking en prettige en spitsvondige bemarkingsveldtogte.
“Hierdie vennootskap met Bos versterk RFG se posisie in die plaaslike dranksegment omdat ons Rhodes-sappe langs die markleier in ystee aangebied kan word.”
Bos sal steeds vir sy handelsmerkbemarking en kommunikasieveldtogte verantwoordelik wees.
Saam met RFG sal nuwe produkte ontwikkel word en van hulle sal later vanjaar bekend gestel word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie