Ysige Woensdag op pad
Ysige Woensdag op pad

Ysige Woensdag op pad

Winter is steeds nie verby nie, sê die Namibiese weerkantoor, terwyl internasionale weerkenners meen die El Niño-verskynsel kan tydens ons reënseisoen heers.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Namibiese weerkantoor voorspel koue toestande sal volgende week Dinsdag (7 Augustus) en veral Woensdag (8 Augustus) oor Namibië heers.

“Koeler weer heers tans in die suide van die land, maar volgende week word twee of drie báie koue dae verwag. Dan sal maksimum temperature oor die suide van die land onder 20 °C wees, terwyl minimum temperature naby aan 0°C sal wees,” het die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, gister aan Republikein gesê.

Reeds teen Saterdag kan die Suide minimum temperature van onder 4°C verwag. Teen Dinsdag sal ‘n verdere skielike daling in temperature voorkom, het hy gewaarsku.

“Woensdag sal die dag van maksimum koue wees en selfs Windhoek kan temperature onder of by 5°C te wagte wees. Die maksimum sal na verwagting rondom 15 °C wees.”

Eerskomende naweek sal maksimum temperature in Windhoek nog rondom 20 tot 22°C wees – effens kouer as nou. Teen Dinsdag sal ‘n skielike daling in temperature intree en hierdie koeler weer sal ook die sentrale en oostelike dele van die land raak,” het Kgobetsi gesê.

“Noordedorpe soos Tsumeb, Grootfontein en Otavi sal die beste af wees op Woensdag met maksimum temperature van sowat 20 °C, omdat hulle verder noord van die stelsel is wat koue bring,” het hy gesê.

WAARSKUWING VAN RYP

Op “Weather Today – Southern Africa” se Facebook-blad verduidelik die weervoorspeller mnr. Mike Berridge ‘n derde intense antisikloon nader tans die suidpunt van Afrika en sal na verwagting van Sondag af kouefronte vir die res van volgende week oor Suider-Afrika stoot.

Berridge sê dit kan ryp oor die Namibiese binneland veroorsaak, met temperature wat snags tot onder vriespunt kan daal soos koue van die verre Suide af inbeweeg.

Weerkaarte van Meteoblu stem ooreen met voorspellings dat sekere dele in veral die suide en sentrale dele van Namibië yskoue oggende van Sondag af kan verwag. Teen Maandag sal die groter dele van Suid-Afrika in die ysbeer se greep wees, dui die kaarte aan.

EL NIÑO OP PAD?

Volgens ‘n uitkykstatus wat op 31 Julie vanjaar deur die Amerikaanse Weervoorspellingsentrum en die internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing uitgereik is, dui die helfte van hul dinamiese weermodelle aan dat El Niño weer sy vastrapplek van Augustus af sal kry en teen lente sal ontwikkel.

Die Stille Oseaan se oppervlaktemperature sal na verwagting van vandeesmaand af warmer word en die kans dat ’n El Niño teen die Namibiese lente gaan vorm, is dubbel die gemiddeld, oftewel 50%.

Dié voorspellings volg nadat die sterkste El Niño-weerverskynsel op rekord tydens die 2015-'16 reënseisoen tot ’n baie ernstige droogte in Suider-Afrika gelei het. Dié weerverskynsel word gekenmerk deur uiterste droogtes, storms en vloede in verskillende dele van die wêreld.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077