Ys en baie daarvan
Tanja Bause - Ek hou van kamp, nee, ek is mál oor kamp. Dit voel vir my of my siel rus kry en ek myself weer kan vind wanneer ek langs my tent by ’n vuur iewers in die veld sit.
Vandat ek kan onthou, het my ouers ons kinders altyd gevat om te gaan kamp.
Elke skoolvakansie en langnaweek is die voertuig gepak en is ons bos toe. Ons het so deur die hele Namibië, Botswana en Zimbabwe getoer.
Ek kan aan geen beter gevoel dink as wanneer die kamp opgeslaan is en die stoele uitgepak is nie.
Die vuur word aangesteek en rustig sak jy met ’n yskoue ietsie in jou hand terug in die stoel terwyl die son sak. Dít is die oomblik wanneer ek so gelukkig soos ’n vark in Palestina is.
Ons as familie het onlangs weer vir twee weke deur die Caprivi gereis. Natuurlik het ons gaan kamp.
Al wat ’n kampeerder soek, is hout, ys, ’n warm, skoon stort en ’n skoon kampplek.
Ek moet sê die wonderlikste ervaring het ons by ’n klein lodge buite Katima Mulilo beleef wat deur een familie besit en bestuur word. Onmiddellik kom ’n mens agter dat persoonlike aandag hier van groot belang is.
Met die stilhou op die parkeerterrein kom die eienaar se dogter uitgehardloop om te groet. Sy laat ’n mens onmiddellik soos ’n deel van die familie voel en ons wil sommer intrek. Nadat sy ons alles gewys het en ons self ’n kampplek kon uitsoek, het ons besluit om voelers uit te steek en stilletjies gevra wat die moontlikheid is dat ons ys kan koop.
Geen probleem nie, is gesê.
Nou ja, dít het ons by die vorige lodge ook gehoor. Dié lodge is baie groter en behoort aan ’n groep wat meer lodges besit.
Dáár is vir ons ook gesê geen probleem nie en toe ons ys wou koop, is daar gesê net een sak pak per voertuig.
Kampeerders self weet een sak per koelhouer is so goed soos geen ys nie. Een sak alleen gooi ek in my koue ietsie wanneer die son sak - veral nadat ek die grootte van die sakkie gesien het.
Dit is toe glad nie die geval by die tweede lodge nie. Ons kon soveel sakke, en ek boedel sakke, vol ys koop soos ons wou hê.
Daar is vir ons gesê hulle het ’n hele vrieskas net vol ys, want hulle weet dit is een ding waarvan jy nooit te veel kan hê nie - veral as daar kampeerders is en dit warm is.
Nou, as húlle wat so klein is dit kan besef, hoe kan ’n groot lodge wat baie meer besoekers kry, dit nie besef nie?
Dieselfde probleem met die ys het ons ook by die derde lodge gehad, waar vir ons gesê is ons kry net twees sakkies vir agt mense omdat hulle die ys in die lodge self vir hul gaste gebruik en dis al wat hulle kan afstaan.
Hul ysmasjien is glo te klein om meer ys te maak as wat hulle in die bar gebruik.
Die lodge, wat op ons pad terug huis toe in die binneland geleë is, bestaan al vir baie jare en ek wonder hoekom hulle ná al die jare nog nie ’n groter ysmasjien kon bekostig nie?
Ek weet kampeerplakke is baie goedkoper as om in die lodge self te oornag, maar as ons geld dan nie die moeite werd is nie, moenie kampeerplakke beskikbaar maak nie.
Maak hulle toe en bou nog ’n paar kamers aan. Soos ek sê, kampeerders is baie maklike mense en ons is met min tevrede, maar ys is die minste wat ons verwag - en baie daarvan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie