Youngblood is oorgehaal

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Soggens staan twee jong latte vroeg op en begin hul daaglikse roetines.

Roetines wat sorg vir kos op ‘n bord en 'n dak oor hul kop.

Dis elke dag vir hulle ‘n prestasie. Die prestasie om te leef, asem te kan haal en ten volle hulself te wees. Hoewel hulle nie dieselfde ding elke dag doen nie, deel hulle 'n identiese plan - om gevestigde musikante in die gemeenskap te raak. En wanneer die son agter die berge sak en plek maak vir die maan om sy monoloog op te sê, trek Seth Eiaseb en Gideon Awaseb ander gesigte aan. So te sê hul ware maskers, dit wat hulle werklik is. Dan is hulle Wizz en Lil Brizzy, die twee voorsangers van Youngblood, ‘n rap-duo. En die plan kry lewe.

Seth Eiaseb (Wizz) is 25 jaar oud. Bloedjonk. Seth staan soggens in ‘n bakkery nie ver van waar ek sit en dié artikel skryf nie. Dan bedien hy hordes mense wat middagete koop. Hy glimlag breed en vul meer as net die honger gaatjie in iemand se pens. Hy laat jou beter voel oor alles. Hy straal ‘n soort optimisme en energie uit wat meer aansteeklik as varkgriep is.

Gidoen Awaseb (Lil Brizzy) werk tans by ‘n karwassery en maak seker ons karre is silwerskoon. En ‘n skoon kar, sê hulle mos, is 'n skoon kop.

Wat die twee jongmense in gemeen het, is hul enorme passie vir musiek en die impak daarvan. En saans, saam met die maan, sing en rap hulle woorde van verandering.

Kollig het met die twee gesels oor die lewe, hul passie en hul eerste album, Unlock and Reload, wat in Oktober bekend gestel gaan word.

ALLES HET ‘N BEGIN

Seth Eiaseb is op 5 Augustus 1994 in Windhoek gebore, ‘n normale seun in normale omstandighede.

Maar in 2002 verander dit handomkeer. Seth se pa sterf en sy ma maak hom as ‘n enkelouer groot. Weens die emosionele en finansiële impak verander ‘n jong man se lewe en hy moet skielik ‘n ander rol op sy lewensverhoog vertolk. Dié van pa en broodwinner. Hy moes ontslae raak van die somberheid en dit met iemand of iets deel. Musiek het ingetree en sy lewe soort van weer aan die gang gekry. Vandag is dit een van die enigste konstante faset in sy lewe – musiek, klank en ritme.

“Ek het my matriek by High Line Sekondêr voltooi, en wou baie graag ná skool studeer. Ek het ook keuring by ‘n universiteit gekry, maar weens ‘n gebrek aan begroting kon ek nie gaan nie,” sê Seth.

In daardie stadium het hy besef hy sal werk moet soek om na homself en sy uitgebreide gesin om te sien.

Die musiekgogga het nooit ophou byt nie. En saans krap hy die bytmerke.

“My hoofdoel was nog altyd om ‘n loopbaan in die musiekbedryf te hê.”

Seth beskryf sy liefde vir musiek as die ritme waarop hy sy lewe baseer. “Jy kry hoë note en lae note. Alles kan nie alles in perfekte harmonie gebeur nie.”

Met die soeke na ‘n loopbaan in die musiekbedryf, het hy vir Gideon Awaseb ontmoet, wat ook vir Seth aan die musiekwêreld voorgestel het. In daardie stadium was Gideon ook hard aan’t werk om die musiekbedryf te betree.

Gideon Awaseb (25), beter bekend as Rapper Lil Brizzy, is op 6 Junie 1994 in Windhoek gebore.

Hy het grootgeword in die Soweto-buurt, en in sy kinderjare al ‘n passie vir musiek ontwikkel. Seth en Gideon is al jare vriende en Gideon was een van die grootste dryfkragte agter die twee se debuutalbum.

“Gideon het na my toe gekom en gesê dis tyd dat ons ‘n draai in die ateljee moet maak. Dit was wonderlik. Ons is albei opgewonde om in Oktober ons album bekend te stel.”

Die opwinding in die lewenslange vriende se stemme tydens dié onderhoud is tasbaar. Dit moet ‘n groot oomblik in enigeen se loopbaan wees om jou eerste vollengte album bekend te stel.

Hoewel beide jong latte uitgesproke en flambojant is, beskou Seth homself as ‘n introvert.

“Ek sal nie sommer ‘n gesprek met enige mens aanknoop nie. Die ander persoon moet eerder die gesprek begin.” ‘n Onderlangse gegiggel van Gideon volg, asof hy weet Seth praat bog.

Vir menige inwoner van Windhoek is Seth die gesig wat jy sien wanneer jy by La Pain Cafe in Eros vir jou ‘n vars brötchen koop.

Hoe het iemand met so baie talent, houding en rigting in ‘n bakkery geëindig?

“Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg, “ verduidelik Seth. “Ek was in daai stadium op soek na ‘n loopbaanverandering. En ek moes seker maak ek het ‘n inkomste. Op ‘n kol het ek toevallig verby die bekende bakkery geloop. Ek was geweldig beïndruk met hoe skoon, mooi en wonderlik dit gelyk het. Ironies genoeg het die bakkery toe na 'n verkoopspersoon gesoek en iets het vir my gesê dis dalk die regte stap.”

Sedertdien is Seth baie gelukkig in sy day job, en kikker daagliks die lewe vir baie mense op. Hoewel hy ‘n liefde vir kookkuns het, sal hy nie regtig ‘n loopbaan in dié industrie oorweeg nie.

“Op die oomblik is my werk goed vir my en maak seker ek het ‘n dak oor my kop, maar musiek sal altyd my eerste prioriteit wees.”

As deel van Seth se tienjaarplan sien hy homself eendag as ‘n suksesvolle sakeman.

“En 'n gevestigde rapper. Dis belangrik om jou lewe ten volle uit te leef, eerder as om jou ware self te vermom.”

MUSIEK IN ONS ORE

Die twee 25-jariges is tans aan die stoei om Unlock and Reload te voltooi.

Die album bestaan uit 18 snitte wat onder meer as Rap en RnB beskryf kan word.

“Ons is beide verslaaf aan ritme. En om ons gevoelens, belangrike inligting en temas deur hierdie ritmes oor te dra, is wat ons so aantrek tot musiek.” Sê Gidoen. “Die album is gerig op die jeug en om hul aan te spoor om hul gevoelens en ware persoonlikhede ten volle uit te leef.”

Seth sê musiek, en spesifiek dié op die album, is een van die beste maniere om jou ware gevoelens uit te spreek.

Die kunstenaars het groot inspirasie uit bekende name soos 2pac, Biggie en Lil Wayne geput.

“Dis die ouens wat weet hoe dit werk, en jare se ondervinding het. Ons moes by hulle leer. En ons doen steeds,” sê Gideon.

Die vervaardiging van Unlock and Reload het ongeveer ‘n jaar geduur, en Seth en Gideon hoop die publiek vind aanklank by die musiek.

Die lirieke, sê hulle, moes iets beteken. Hulle wou nie hê dit moet net woorde wees wat getoonset is nie.

“Ons wil mense inspireer,” sê hulle terselfdertyd, asof hulle dit geoefen het.

“Ek sê weer, ons lirieke is meestal daarop gemik om die jeug te motiveer om in hulself te glo, maak nie saak wie of wat jy is nie,” benadruk Gideon.

Om ‘n loopbaan in die Namibiese musiekbedryf te kan handhaaf, kan soms bloed sweet en ongelooflike uithouvermoë verg, gevolg deur die prestasie van ‘n plan wat in plek val.

“My gunstelingdeel van musiek maak is dat dit baie bevrydend is,” sê Seth.

“Die uitdagings wat ons in die gesig staar, is die hoeveelheid druk wat op jou geplaas word om die album te voltooi. Dis asof alles ‘n resies is. Maar dis uiteindelik die moeite werd,” sê Gideon.

Seth se boodskap vir ander jong en opkomende kunstenaars is eenvoudig: Moenie te veel oordink nie. Wees net eerlik en alles sal in plek val. Gideon voeg by: "Harde werk sal altyd raakgesien word."

Hulle stem saam 'n mens moet onthou dat jy nie vir ewig leef nie. Jy moet elke dag jouself verbeter, asook die lewe van ander.

“Kry jou manier om dit te doen, en gaan voluit!” is die laaste woorde wat uit Gidoen se mond kom en voor ons op die tafel land.

“Ek wil net mense motiveer en inspireer.” Seth se woorde gaan lê langs Gideon s’n.

Sonder dat hulle dit weet, het hul wel die perfekte harmonie gevorm.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%